The blurred lines between war and crime : the case of Colombia

Date
2003-12
Authors
Wenger, Mireille Mary
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This research assignment deals with the breakdown in the Clausewitzian concept of the modern trinitarian structure of war. Martin Van Creveld in his book entitled, “The Transformation of War” written in 1991, discusses ‘Future War’ and the way in which wars will be fought. It will not be the highly technical interstate kind of war the West has been preparing for, but rather low intensity conflict where the lines between state, soldier and civilian become blurred, society becomes a war zone and the conflict becomes a more direct experience for the people. Colombia is a prime example of where this is occurring and the most salient manifestation of the low intensity conflict is the blurring of the lines between war and crime. There are left wing guerrillas fighting for social justice for the dispossessed population, but their tactics resemble crime and the government views them as terrorists. They run a self-sufficient organisation, one of the most profitable insurgent groups in the world largely funded through kidnap ransom payments. The right-wing paramilitaries are on a quest to cleanse Colombian society of the guerrillas and assassinate suspected guerrilla sympathisers. To complicate issues, both insurgent groups are involved in the drug trafficking trade, whether it be directly or by way of taxing land on which coca is grown. In this situation, war and crime have become inextricably linked and a distinction between the two is impossible on both practical and conceptual levels. However, if it is not crime and it is not war, but a complicated melange of the two, a new framework for analysis is required in order to attempt a solution.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie navorsingsprojek gaan oor die ineenstorting van die Clausewitziaanse begrip van die moderne Trinitariese oorlogstruktuur. In sy boek, getiteld "The Transformation of War" wat in 1991 geskryf is, bespreek Martin van Creveld die 'toekomstige oorlog' en die wyse waarop oorloë gevoer staan te word. Dit sal nie die hoogs tegniese interstaatlike soort oorlog wees waarvoor die Weste hom voorberei nie, maar eerder 'n lae intensiteitskonflik waar die lyne tussen die staat, soldaat en burgerlike ineenvloei; die gemeenskap word 'n oorlogsone en die konflik word 'n direkte ervaring vir die bevolking. Kolombië is 'n goeie voorbeeld van waar dit besig is om plaas te vind en die mees kenmerkende manifestasie van die lae intenstiteitskonflik is die vervloeiing van die skeidslyne tussen oorlog en misdaad. Daar is linksgesinde guerrillas wat om sosiale geregtigheid veg namens die onteiende bevolking, maar hul taktiek kom voor soos misdaad; en die regering beskou hulle inderdaad as misdadigers. Hulle beheer 'n selfversorgende organisasie, een van die winsgewendste versetsgroepe in die wêreld wat tot 'n groot mate gefinansier word by wyse van ontvoering van mense, met die eis van lospryse vir vrybetaling. Die regsgesinde paramilitêre groepe is op 'n sending om die Kolombiaanse gemeenskap te suiwer van die guerrillas en bring vermeende guerrilla simpatiseerders om die lewe. Om sake te kompliseer, is albei opstandsgroepe betrokke in die dwelmsmokkelhandel, hetsy direk, of indirek by wyse van belasting op die grond waarop coca gekweek word. In hierdie situasie het oorlog en misdaad onteenseglik verweefd met mekaar geraak en is dit nie moontlik om enige onderskeid tussen hulle te tref op hetsy die praktiese of die konseptuele vlakke nie. Indien dit dan nie oorlog is nie en ook nie misdaad nie, maar wel 'n ingewikkelde verweefdheid van die twee, dan word 'n nuwe analitiese raamwerk vereis om te poog om 'n oplossing te vind.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2003.
Keywords
War and crime -- Colombia, Low-intensity conflicts (Military science)-- Colombia, Colombia -- Politics and government, Colombia -- Social conditions, Colombia -- Economic conditions, Dissertations -- Political science, Theses -- Political science
Citation