The influence of proprioceptive training on the functional balance of older adults

Date
2002-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Proprioception is generally defined as the sense of position and movement of the limbs. The sense arises through activity in sensory neurons located in skin, muscles and joint tissues. Joint proprioception provides the neurological feedback needed for the control of muscle actions, and serves as protection against excessive strain on passive joints. The rationale for this study was that if proprioception improves, functional balance will improve. Improvements in functional balance will contribute to improvements in functional skills. An improvement in functional skills can decrease dependence on others, which in turn w\could increase quality of life. The objective of this study was to determine the effectiveness of a proprioceptive training programme, using only low technology apparatus, on the proprioception and functional balance of older adults. Twenty-five older adults (M = 73.1 years) were assigned to either a control (n = 10) or intervention group (n = 15). The Berg Balance Scale was used for assessment of the functional balance of the participants, while the Harrison’s Recovery Test was used to assess proprioception. The intervention group was placed on an eight-week proprioceptive training programme consisting of three, twenty-minute sessions a week. Using paired and unpaired t-tests for the statistical analysis, significant improvements were observed in the intervention group for both proprioception and functional balance (p<0.05). It was concluded that the proprioception and functional balance of older adults could be significantly improved with a proprioceptive programme using only low technology apparatus.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Propriosepsie kan gedefinieer word as die liggaam se vermoë om die posisie en die beweging van die afsonderlike liggaamsdele waar te neem. Dit vind plaas deur die registrering van die aktiwiteit van sensoriese neurone wat in die vel, spiere en die sagte weefsel van die gewrigte is. Die neurologiese terugvoer wat noodsaaklik is vir die doeltreffende beheer van spieraksies, is afkomstig van die proprioreseptore in die gewrigte. Dit is as gevolg van hierdie neurologiese terugvoer, dat propriosepsie dien as beskermingsmeganisme teen oormatige stremming op die liggaam se gewrigte. Die beginsel van hierdie studie was dat as propriosepsie verbeter, dit sal lei tot verbeteringe in funksionele balans. Verbetering in funksionele balans sal weer lei tot verbeteringe in funksionele vaardighede. Dit is heel moontlik dat verbetering in funksionele vaardighede ‘n persoon minder afhanklik sal maak van ander. Hoe meer onafhanklik ‘n mens van ander is hoe beter is jou lewenskwaliteit, aangesien jy baie meer dinge kan ervaar en doen. Die doel van hierdie studie was om vas te stel of ‘n propriosepsie inoefenings program, wat slegs van lae tegnologiese apparaat gebruik maak, suksesvol gebruik kan word om die propriosepsie en ook die funksionele balans van ouer volwassenes te verbeter. Vyfen- twintig ouer volwassenes (M = 73.1 jaar) het deelgeneem aan die studie en was òf deel van die kontrole group (n = 10) òf van die oefen groep (n = 15). Funksionele balans is gemeet deur van die “Berg Balance Scale” gebruik te maak, terwyl die “Harrison’s Recovery Test” gebruik is om propriosepsie te meet. Die oefengroup het deelgeneem aan ‘n propriosepsie oefenprogram wat bestaan het uit drie, oefensessies van twintig minute elk vir ag weke. Gepaarde en ongepaarde t-toetse is gebruik gedurende die statistiese analise. Die resultate was statisties betekenisvol vir beide die propriosepsie en die funksionele balans van die oefen groep (p<0.05). Die studie het getoon dat die propriosepsie en funksionele balans van ouer volwassenes statisties betekenisvol verbeter kan word deur middel van ‘n inoefeningsprogram vir die verbetering van propriosepsie waar slegs van lae tegnologiese apparaat gebruik maak word.
Description
Thesis (MSportwet)--University of Stellenbosch, 2002.
Keywords
Proprioception, Equilibrium (Physiology), Older people -- Orientation and mobility, Theses -- Sport science, Dissertations -- Sport science
Citation