Taking God seriously, taking life seriously : praying the Psalms as a congregational strategy for integrated spirituality

Date
1998-10
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study is concerned with integrated spirituality. Spirituality is understood as a life orientation that presents itself both in worship and in a re-ordering of the elements of a person's life to a growing correspondence with the reality presented in worship. It finds expression in a web of relationships between God, the particular individual, the other and creation. Integrated spirituality is spirituality that is equally serious about God and our life in the material world, and it refuses to separate these two passions. God is the constitutive reality of Christian spirituality. He is the source of perspective and energy for Christian spirituality. However, the shape of spirituality is co-determined by factors from material existence, such as context, confessional tradition, narratives (both personal narratives and narratives of one's community) and the personal make-up of an individual. Any congregational strategy that aims at facilitating integrated spirituality, needs to incorporate both these aspects of spirituality. Nonetheless, it will have to give priority to the focus on God, but in such a way that the focus on material life retains full attention. The spirituality that we encounter in the Psalter is a clear example of integrated spirituality. Both the subject-matter and the editorial structure of the Psalter exhibit a passion for God and full attention to the concrete realities of daily life. As such, they present us with a valuable tool for facilitating integrated spirituality. We contend that the strategy of using the Psalms as prayers in congregations will have a distinct impact on the kind of spirituality that will evolve in these congregations. The Psalms can be used as prayers in liturgical and pastoral contexts, as well as in the private devotions of members of congregations. Praying the Psalms in these contexts will lead to integrated spirituality. However, this will depend on a number of prerequisites: The Psalms should be prayed from a proper understanding of their meaning and inner dynamics. Additionally, the whole spectrum of meaning found in the Psalms should become part of the prayer life of a congregation. If a congregation attains this, the result will be growth in integrated spirituality. Our exploration into the dynamics of spirituality as well as our overview of the Psalter's dual focus on God and life in the material world, forms the basis for this conviction.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie navorsing handel oor geintegreerde spiritualiteit. Spiritualiteit word verstaan as 'n lewensorientasie wat uitdrukking vind in beide aanbidding en in die herrangskikking van die elemente van 'n persoon se lewe tot 'n groeiende ooreenkoms met die werklikheid wat in aanbidding voorgehou word. Dit kom tot uitdrukking in 'n web van verhoudinge tussen God, die betrokke individu, die ander en die skepping. Geintegreerde spiritualiteit is spiritualiteit met ewe veel erns oor God en oor die lewe in die materiele wereld, en wat weier om hierdie twee belange te skei. God is die grondliggende werklikheid van Christelike spiritualiteit. Hy is die bron van perspektief en energie vir Christelike spiritualiteit. Die gestalte van spiritualiteit word egter medebepaal deur faktore uit die materiele lewe, soos konteks, konfessionele tradisie, narratiewe (beide persoonlike narratiewe en die narratiewe van iemand se gemeenskap) en die persoonlikheidstruktuur van 'n individu. Enige gemeentelike strategie wat geintegreerde spiritualiteit wil fasiliteer, moet beide hierdie aspekte van spiritualiteit insluit. Dit sal egter aan die fokus op God prioriteit moet gee, maar op so 'n wyse dat die fokus op die konkrete aardse lewe volle aandag bly geniet. Die spiritualiteit wat ons in die Psalms aantref, is 'n duidelike voorbeeld van geintegreerde spiritualiteit. Beide die inhoud en die redaksionele struktuur van die Psalms vertoon 'n passie vir God en 'n totale ingesteldheid op die konkrete werklikhede van die alledaagse lewe. As sodanig bied hulle vir ons 'n waardevolle instrument waarmee ons geintegreerde spiritualiteit kan fasiliteer. Ons voer aan dat die strategie om die Psalms as gebede in gemeentes te gebruik 'n merkbare impak sal he op die tipe spiritualiteit wat in hierdie gemeentes sal groei. Die Psalms kan gebruik word as gebede in liturgiese en pastorale kontekste, en ook in die persoonlike gebedstye van gemeentelede. Die bid van die Psalms in hierdie kontekste sal lei tot geintegreerde spiritualiteit. Dit sal egter van 'n aantal vereistes afhang: Die Psalms moet gebid word vanuit 'n behoorlike begrip vir hulle betekenis en innerlike dinamika. Verder moet die hele betekenisspektrum van die Psalms deel word van die gebedslewe van die gemeente. As'n gemeente hieraan voldoen, sal daar groei in geintegreerde spiritualiteit wees. Die grondslag van hierdie oortuiging word gevorm deur ons verkenning van die dinamika van spiritualiteit, sowel as ons oorsig oor die Psalms se dubbele fokus op God en lewe in die materiele wereld.
Description
Thesis (DTh)--Stellenbosch University, 1998.
Keywords
Worship, Dissertations -- Practical Theology and Missiology, Theses -- Practical Theology and Missiology
Citation