Browsing by Author "Janse, Rhe"
Now showing 1 - 2 of 2
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie kulturele invloed van die apartheidsbeleid met besondere verwysing na geselekteerde Stellenbosse gemeenskappe(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1991) Janse, Rhe; Stellenbosch University. Faculty of . Dept. of .
- ItemSpiritualiteitsdiversiteit as uitdaging aan die erediens : 'n verkenning van die funksie van lofprysing in die Nederduitse Gereformeerde Kerk(Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2002-12) Janse, Rhe; Hendriks, Hans Jurgens; Cilliers, Johan; University of Stellenbosch. Faculty of Theology. Dept. of Practical Theology and Missiology.AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Nederduitse Gereformeerde Kerk is die afgelope paar jare in debatte gewikkel oor die een aktiwiteit wat uniek aan die kerk is, naamlik haar aanbidding. Aanbidding het vandag een van die belangrike redes geword waarom kerke groei, maar is terselfdertyd ook een van die oorsake waarom gemeentes lidmate verloor en kwyn. Aan die voorpunt van die debat oor aanbidding, is die kwessie van lofprysing. Lofprysing het vandag vir baie gelowiges 'n middel geword om hulle geloof en aanbidding tot uitdrukking te bring. In plaas daarvan dat die nuwe beklemtoning en behoefte aan lofprysing die kerk in haar aanbidding van God verenig het, het dit egter 'n bron van frustrasie en konflik geword. Hierdie konflik sentreer hoofsaaklik om die styl waarin lofprysing plaasvind en word aangehelp deur die gebrek aan kennis oor die onderwerp en die diversiteit wat in gemeentes heers. Gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk bestaan vandag uit lidmate wat uiteenlopende lewensuitkyke handhaaf en verskillende spiritualiteite besit. Om die hele kwessie van lofprysing binne die konteks van diverse gemeentes aan te spreek, moes die studie eerstens die aard en funksie van lofprysing binne die liturgie bepaal. Daarna moes 'n wyse gevind word waarop die diversiteit in gemeentes hanteer kon word. Deur middel van 'n spiritualiteitstipologie wat Holmes in 1980 opgestel het, en wat later as basis van verskillende spiritualiteitsanalises gedien het, is 'n instrument daargestel waarmee gemeentes en individue se spiritualiteit getoets kon word. In hierdie studie is die analises nie net gebruik om mense se spiritualiteit vas te stel nie, maar ook om te bepaal of daar 'n korrelasie tussen spiritualiteitsgroepe en hulle aanbiddingsbehoeftes bestaan. Die navorsing het daarin geslaag om nie net 'n verband tussen spiritualiteit en aanbiddingspatrone aan te toon nie, maar ook die waarde van 'n spiritualiteitsanalise te beklemtoon om die diversiteit ten opsigte van aanbidding en lofprysing in gemeentes aan te spreek.