Understanding co-production through sanitation intervention case studies in South Africa

Ambole, Lorraine Amollo (2016-03)

Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2016.

Thesis

ENGLISH SUMMARY: I argue that informal urban sanitation is a complex problem that is best understood through a transdisciplinary (TD) approach. This is because the TD approach provides a multi-dimensional methodology for tackling complex problems. A multi-dimensional methodology is however challenging and therefore requires facilitation. Design as a generative discipline offers facilitatory approaches that can be useful for TD methodology. To unpack this argument, I studied three cases of sanitation interventions in South Africa. The sanitation interventions were carried out in three informal settlements in the Western Cape province of South Africa, between 2012 and 2014. A brief snap-shot study of two of the cases and a prolonged ethnographic study of the third case provided in-depth insights of how a diverse group of actors engaged in real-world situations. I collected varied forms of data from the cases and organised them through a social constructivist lens. The arguments and findings of the dissertation are presented in three journal-type (unpublished) articles, which correspond to the research questions of the dissertation. Diverse literature sources were used to locate two intersecting themes, namely informal urban sanitation and knowledge co-production. These two themes support the findings in the three journal articles. The first journal article articulates an integrative socio-technological approach for informal urban sanitation. This is informed by the cross-case synthesis of the technical configurations of the piloted systems in the three case studies, vis-à-vis the social interactions between the stakeholders who enabled the implementation of the sanitation interventions. The emergent model of socio-technological reciprocity has three interfaces: interfaces between technology components, interfaces between people and technology, and interfaces between users and providers. The model is theoretically significant for planning informal urban sanitation exercises. The article concludes by embedding the empirical findings in the broader sanitation discourse in South Africa. The second article unveils the challenges of carrying out TD research in an informal settlement context by unpacking the inter-relationships between researchers, experts and co-researchers in the Enkanini case. A critical discourse analysis of interactions in the group brings to the fore asymmetries, which I use to systematise themes for knowledge co-production. The themes are useful guides for future field work in TD settings. The findings of the article build on the methodological base of TD research. In the third article I explore the facilitatory role of design in TD research by providing an auto-ethnographic account of my participation as a researcher-designer in the Enkanini case. In this way, I articulate design ethnography as a method that can facilitate relationships amongst social actors in the TD process of solving informal urban sanitation. The article concludes by proposing design ethnography as a method that can overcome some of the challenges of carrying out TD research in under-served contexts. The main conclusion of the dissertation relates the findings from the journal articles to broader theories of change in answer to the need for transformative knowledge in TD research. Conceptual models for knowledge co-production in the context of incremental urbanism are proposed to open up avenues for further research.

AFRIKAANS OPSOMMING: Ek redeneer dat informele stedelike sanitasie ’n ingewikkelde probleem is wat die beste aan die hand van ’n transdissiplinêre (TD) benadering verstaan kan word. Die rede is dat die TD-benadering ’n multidimensionele metodologie bied om ingewikkelde probleme aan te pak. ’n Multidimensionele metodologie bied egter bepaalde uitdagings en moet daarom gefasiliteer word. Ontwerp as ’n generatiewe dissipline bied fasiliterende benaderings wat nuttig by ’n TD-metodologie gebruik kan word. Ten einde hierdie argument duidelik te kan uiteensit, het ek drie gevalle van sanitasie-intervensies in Suid-Afrika ondersoek. Die sanitasie-intervensies is tussen 2012 en 2014 in drie informele nedersettings in die Wes-Kaap-provinsie van Suid-Afrika gedoen. ’n Kort momentopname van twee van die gevalle en ’n langdurige etnografiese studie van die derde geval het diepte-insigte gebied rakende die wyse waarop ’n diverse groep rolspelers in werklike situasies betrokke is. Ek het verskillende soorte data uit die gevalle versamel en hulle aan die hand van ’n sosiaal-konstruktivistiese lens georganiseer. Die argumente en bevindings van die proefskrif word in ’n drietal vaktydskrif-tipe (ongepubliseerde) artikels aangebied, wat met die navorsingsvrae van die proefskrif ooreenstem. Verskillende literatuurbronne is gebruik om twee kruisende temas, naamlik informele sanitasie en medekennisskepping, te bepaal. Hierdie twee temas ondersteun die bevindings in die drie vaktydskrifartikels. Die eerste vaktydskrifartikel verwoord ’n integrerende sosiaal-tegnologiese benadering tot informele stedelike sanitasie. Dit word toegelig deur die kruisgevallesintese rakende die tegniese konfigurasies van die loodsstelsels in die drie gevallestudies, vis-à-vis die sosiale interaksies tussen die belangegroepe wat die implementering van die sanitasie-intervensies in werking gestel het. Die sosiotegnologiese resiprositeitmodel wat daaruit voortvloei bevat drie raakvlakke: raakvlakke tussen tegnologiekomponente; raakvlakke tussen mense en tegnologie; en raakvlakke tussen gebruikers en verskaffers. Die model is teoreties van belang vir die beplanning van informele stedelike sanitasie-oefeninge. Die artikel sluit af met die plasing van die empiriese bevindings binne die breër sanitasiediskoers in Suid-Afrika. Die tweede artikel onthul die uitdagings om TD navorsing in ’n informele nedersetting uit te voer deur die onderlinge verbande tussen navorsers, kundiges en medenavorsers in die Enkanini-geval uiteen te sit. ’n Kritiese diskoersanalise van die interaksies in die groep bring ’n asimmetrie na vore, wat ek gebruik om temas vir medekennisskepping te sistematiseer. Hierdie temas is nuttige wegwysers vir toekomstige veldwerk in TD omgewings. Die bevindings van die artikel bou voort op die metodologiese basis van die TD navorsing. In die derde artikel ondersoek ek die fasiliterende rol van ontwerp in TD navorsing aan die hand van ’n outo-etnografiese weergawe van my deelname as ’n navorser-ontwerper in die Enkanini-geval. Daarvolgens doen ek aan die hand dat ontwerpetnografie as ’n metode gebruik word om verhoudings tussen maatskaplike rolspelers in die TD proses te fasiliteer terwyl die ondersoekproses na informele stedelike sanitasie aan die gang is. Die artikel kom tot die slotsom dat ontwerpetnografie gebruik kan word as ’n metode om die uitdagings wat die uitvoer van TD navorsing in kontekste van ondervoorsiening bied, te oorkom. In die belangrikste gevolgtrekking van die proefskrif word die bevindings uit die vaktydskrifartikels met wyer teorieë oor verandering in verband gebring, in antwoord op die behoefte aan transformatiewe kennis in TD navorsing. Konseptuele modelle vir medekennisskepping in die konteks van inkrementele verstedeliking word voorgestel ten einde verdere navorsingsmoontlikhede te verken.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/98765
This item appears in the following collections: