A social-scientific study of the Parable of the Shrewd Steward in Luke 16:1-9

Silas, Dogara Turrang (2016-02-18)

Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2016.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The understanding of the parable of the shrewd steward in Luke 16:1-9 has been problematic throughout its interpretive history. The main challenge is Jesus’ praise and commendation of the dishonest acts of the steward therein. In Nigeria, if not in most African societies, where there is a need for faithful stewards, one is left confused about how to understand that a master would praise the dishonest act of his steward in a context in which corruption has become a way of life. This study was undertaken on the assumption that, of the different genres used by Jesus during his earthly ministry, the most familiar and striking are the parables, which comprise one third of Jesus’ teaching. The importance of the parables in terms of understanding Jesus’ history, ethics and self-understanding cannot be overemphasised. The parables challenge their readers because, despite their superficial simplicity, they convey key insights into the nature of the Kingdom of God. In this study, the parables are understood in line with the meaning of the Hebrew Mashal and the Greek parabole, as referring to a proverb, a riddle or a metaphor used to convince and persuade hearers. In this study, the literary context of the parable of the shrewd steward was examined, as well as its demarcation. The study suggests that, even if the parable told by the historical Jesus may have ended in v. 8a, Luke has added a number of sayings that reveal his understanding of the parable as being about the correct use of wealth and possessions in the light of the coming Kingdom of God. An annotated translation of Luke 16:1-9 is also provided. Using a social scientific method in order to understand the text in terms of its social context, the parable was read verse by verse and the function of stewards in the first century was clarified. It is argued that a steward was an estate manager and thus someone in the position of a considerable amount of authority and trust. The steward in the parable under consideration was the responsible agent to whom the absentee master had entrusted a great deal. It thus is clear that a steward like the one in Luke 16 was highly placed in the household bureaucracy of the rich and powerful elite. The theological perspective of the text in question was also brought to light. The words of Jesus in v. 9, on the use of worldly possessions to make friends, necessitated considering Luke’s concept of wealth and possessions in the light of the coming Kingdom of God. It was argued that, in this parable, Luke intended to criticise the wrong use of wealth and possessions. The social system suggested in the text, which includes honour and shame, the patron-client relationships, benefaction, hospitality and the economic situation in the first century, was also investigated as explaining key values in the first-century Greco-Roman world. The application of the text in question to the contemporary Nigeria, and southern Kaduna in particular, was furthermore surveyed. The survey revealed that African scholars, like scholars on other continents, are also struggling with the interpretative problems posed by the parable under consideration. The African scholars also agreed with their counterparts on other continents that the focus of the parable is not on the dishonest acts of the steward, but on his shrewdness. The parable stresses that believers should be faithful stewards by responding appropriately to the coming kingdom of God by using their possessions to care for the poor.  

AFRIKAANSE OPSOMMING: Ons begrip van die gelykenis van die oneerlike bestuurder in Lukas 16:1-9 is reeds dwarsdeur die verklarende geskiedenis daarvan problematies. Die vernaamste uitdaging is Jesus se lof en aanbeveling van die oneerlike dade van die bestuurder daarin. In Nigerië, net soos in die meeste samelewings in Afrika, waar daar ’n behoefte aan betroubare bestuurders is, word ons verward gelaat oor hoe om te verstaan dat ’n meester die oneerlike daad van sy bestuurder sal loof in ’n konteks waarbinne korrupsie ’n bestaanswyse geword het. Hierdie studie is onderneem op die aanname dat, onder die verskillende genres wat deur Jesus tydens sy bediening op aarde gebruik is, die bekendstes en treffendste die gelykenisse is, wat een derde van Jesus se leer uitmaak. Die belangrikheid van gelykenisse in terme van ’n begrip van Jesus se geskiedenis, etiek en selfbegrip kan nie oorbeklemtoon word nie. Die gelykenisse daag hulle lesers uit omdat hulle, ten spyte van hulle oppervlakkige eenvoudigheid, sleutel-insigte in die aard van die Koninkryk van God verskaf. In hierdie studie is die gelykenisse verstaan in lyn met die betekenis van die Hebreeuse Mashal en die Griekse parabole, as verwysing na ’n spreuk, ’n raaisel of ’n metafoor wat gebruik word om hoorders te oortuig. In hierdie studie is die literêre konteks van die gelykenis van die oneerlike bestuurder ondersoek, sowel as die afbakening daarvan. Die studie stel voor dat, selfs al het die gelykenis soos deur die historiese Jesus vertel in v. 8a geëindig, Lukas ’n aantal spreuke bygevoeg het wat sy begrip van die gelykenis – as ’n vertelling oor die korrekte gebruik van rykdom en besittings in die lig van die komende Koninkryk van God – vertoon. ’n Geannoteerde vertaling van Lukas 16:1-9 word ook verskaf. ’n Sosiaalwetenskaplike metode is gebruik om die teks te begryp in terme van sy sosiale inhoud, die gelykenis is vers vir vers gelees en die funksie van bestuurders in die eerste eeu is uitgeklaar. Daar is voorgehou dat ’n bestuurder ’n landgoedbestuurder is en dus iemand in ’n posisie wat noemenswaardige gesag en vertroue vereis. Die bestuurder in die gelykenis wat hier oorweeg word, was die agent wat deur die afwesige meester met heelwat vertrou is. Dit is dus duidelik dat ’n bestuurder soos die een in Lukas 16 hooggeplaas was in die huishoudelike burokrasie van die ryk en magtige elite. Die teologiese perspektief van die betrokke teks is ook aan die lig gebring. Die woorde van Jesus in v. 9, oor die gebruik van aardse besittings om vriende te maak, het dit nodig gemaak om Lukas se konsep van rykdom en besittings in die lig van die komende Koninkryk van God te oorweeg. Daar word voorgehou dat Lukas in hierdie gelykenis van plan was om die verkeerde gebruik van rykdom en besittings te kritiseer. Die maatskaplike stelsel wat in die teks voorgestel word, wat eer en skande, beskermheer-kliënt verhoudings, weldade, gasvryheid en die ekonomiese toestand in die eerste eeu insluit, is ook ondersoek as verklaring van sleutelwaardes in die eerste-eeuse Grieks-Romeinse wêreld. Die toepassing van die spesifieke teks in die moderne Nigerië, en in suidelike Kaduna in die besonder, is ook ondersoek. Hierdie opname het getoon dat Afrika-geleerdes, soos geleerdes op ander vastelande, ook sukkel met die verklarende probleme wat deur die betrokke gelykenis opgelewer word. Die Afrika-geleerdes was dit ook eens met hulle eweknieë op ander vastelande dat die fokus van hierdie gelykenis nie die oneerlike dade van die bestuurder was nie, maar sy uitgeslapenheid. Die gelykenis benadruk dat gelowiges getroue bestuurders moet wees deur gepas te reageer op die komende Koninkryk van God deur hulle besittings te gebruik om na die armes om te sien.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/98554
This item appears in the following collections: