The infinite demand & the demand of the infinite : a theological-ethical evaluation of Simon Critchley’s experiments in political theology

Ullrich, Calvin Dieter (2016-03-01)

Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2016.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: What is a ‘faith of the faithless?’ This study investigates the question of a ‘faithless faith’ and explores its accentuations through the purview of Simon Critchley, author of Infinitely Demanding and The Faith of the Faithless. Through a heuristic engagement with these two works, it foregrounds Critchley’s understanding of ethical experience in the notion of the ‘infinite demand’ and traces the latter’s influence on Critchley’s experiments in political theology. It attempts to evaluate these experiments through an ethical-theological approach, which highlights particular foci of faith that contribute to a ‘faith of the faithful,’ ultimately problematizing the notion of the ‘demand of the infinite.’ In the first chapter Critchley’s theory of ethical subjectivity and his notion of the infinite ethical demand are foregrounded. The chapter traces the construction of the latter with respect to Alain Badiou, Knud Ejler Løgstrup, and Emmanuel Levinas. It points toward the ‘infinite demand’ as the constitutive force of Critchley’s concept of a ‘faith of the faithless’ and argues for a theological phenomenological structure. In the second chapter two readings are presented, one of Oscar Wilde and the other of Jean-Jacques Rousseau. These readings constitute a first evaluation of a ‘faith of the faithless,’ which brings to the fore the self-articulated and ‘fictional’ nature of this faith. It shows, on the one hand, that faith is not indebted to metaphysical sources, but emerges out of an articulation of the subject, and on the other, that a ‘supreme fictional’ faith is necessary for politics. The chapter concludes by questioning the epistemic implications of such a fiction. The third chapter unpacks an account of ‘self-eviscerating love’ presented by the medieval French mystic Marguerite Porete. The chapter follows Critchley’s move to ‘communal politics’ that is built on this conception of love, which is a model for the overcoming of original sin and concludes with a critique in an argument that is based on a ‘too-complete negation of the self.’ Finally, it suggests a re-reading of Porete that motivates political formation founded in the infinite demand of divine love. The fourth chapter provides an extended close reading of Martin Heidegger’s 1920/21 lectures and sketches four theoretical contours that structure a faith for the faithless, namely, proclamation, meontology, impotence and the necessity of law. After situating the infinite demand within this structure, the chapter turns to the distinct content of the infinite demand, found in Kierkegaard’s 1847 Works of Love. It concludes with a meditation that sees Critchley’s appropriation of love in Kierkegaard as a ‘learning how to love.’ In the concluding chapter there are two parts. The first makes the connection from ethics to politics explicit, and discusses Critchley’s political formulation, namely, ‘interstitial distance.’ This anarchic vision of Critchley’s politics is carried over into a second discussion with Slavoj Žižek and the notion of ‘nonviolent violence.’ Finally, the second part of the chapter includes two theological points of contact for a ‘faith of the faithful,’ which are then implicitly situated within a methodological tension that emerges from the presentation of ‘the theological’ offered by Mark Lewis Taylor.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Waarop sou die term “geloof van die ongelowiges” moontlik kan dui? Hierdie studie ondersoek die vraag na ’n “ongelowige geloof,” waarvan die hooftrekke deur die filosofiese bestek van Simon Critchley, outeur van Infinitely Demanding (2007) en The Faith of the Faithless (2012), verken word. Deur op ’n heuristiese wyse met hierdie twee werke om te gaan – met spesifieke verwysing na sy begrip van ’n “oneindige eis” (infinite demand) – word lig gewerp op Critchley se verstaan van etiese ervaring. Die invloed van hierdie “oortreffende eis” op Critchley se latere eksperiment in politiese teologie word ook aangetoon. Die studie is ook ’n poging om hierdie sogenaamde eksperimente deur ’n etiesteologiese perspektief te beoordeel deur klem te lê op enkele aspekte wat geloof tot ’n “geloof van die gelowiges” kan bydra. Hierdeur word die eenduidigheid van Critchley se “eis van die oneindige” beginsel uiteindelik versteur. In die eerste hoofstuk word Critchley se teorie van etiese subjektiwiteit en sy begrip van die oneindige etiese eis op die voorgrond gestel. Laasgenoemde se samestelling word met spesifieke verwysing na Alain Badiou, Knud Ejler Løgstrup en Emmanuel Levinas bespreek. Die “oneindige eis” idee word as die konstituerende krag agter Critchley se begrip van ’n “geloof van die ongelowiges” aangetoon en ’n argument word gemaak vir ’n teologies-fenomenologiese struktuur. In die tweede hoofstuk word daar onderskeidelik na ’n teks van Oscar Wilde en Jean-Jacques Rousseau verwys as ’n eerste stap in die eties-teologiese beoordeling van ’n “geloof van die ongelowiges.” Die eie-stemmigheid, asook die “fiktiewe” karakter van hiérdie geloof word deur die twee tekste duidelik gemaak. Eerstens word aangetoon hoedat geloof nie aan metafisiese bronne verskuldig is nie, maar dat dit in die verwoording van die subjek ontspring. Tweedens, word die noodsaaklikheid van geloof in ’n “allerhoogste fiksie” vir die politiek aangetoon. Die hoofstuk sluit af deur die epistemologiese gevolge van só ’n fiksie te ondersoek. Die derde hoofstuk ontleed die Franse mistikus Marguerite Porete se bydrae tot ’n verstaan van “self-ontledigende liefde” (self-eviscerating love). Die hoofstuk volg Critchley se wending na ’n “gemeenskaplike politiek” wat hy op hiérdie verstaan van liefde baseer. Hierdie konsep word nie net as ’n model aangebied om erfsonde die hoof te bied nie, maar ook as ’n vorm van kritiek teen ’n “te volledige ontkenning van die self.” Laastens, stel die outeur ’n herlees van Porete voor wat motivering bied vir ’n tiepe politiese formasie wat op die eindelose eis van goddelike liefde gebaseer is. In die vierde hoofstuk word ’n indringende lees van Martin Heidegger se 1920/21-lesings aangebied om vier teoretiese kontoere van ’n geloof van die ongelowiges te skets, naamlik, proklamasie, meontologie, impotensie en die noodsaaklikheid van die wet. Nadat die oneindige eis binne hierdie raamwerk geplaas is, word ons aandag gerig op die eiesoortige inhoud van die “oneindige eis” soos wat dit in Kierkegaard se Werke van die Liefde (1847) voorkom. Die hoofstuk sluit af met ’n meditatiewe beskouing van Critchley se gebruik van liefde in Kierkegaard as ’n “leerskool van die liefde” (learning how to live). Die slothoofstuk bestaan uit twee onderdele. In die eerste deel word die verband tussen etiek en politiek duidelik gemaak voordat Critchley se politieke formulering van ’n sogenaamde “interstisiële afstand” (interstitial distance) bespreek word. Critchley se anargistiese politieke visie word dan met Slavoj Žižek en die begrip van “nie-geweldadige geweld” in gesprek gebring. In die tweede deel van hierdie slothoofstuk word twee teologiese raakpunte vir ’n “geloof van die gelowiges” uitgelig en in die metodologiese spanningsveld van Mark Lewis Taylor se begrip van “die teologiese” geplaas.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/98412
This item appears in the following collections: