An evaluation of the new funding model for further education and training colleges and its financial implications

Zungu, Samuel Zamokuhle (2015-12)

Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2015.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: This research study is an investigation into the new funding model of three public Further Education and Training (FET) colleges in KwaZulu-Natal Province. The study aims to understand the extent of the effectiveness of this funding model in the different colleges. Most governments worldwide view education as a central contributor to the economic development of a country and ultimately to its prosperity. It is for this reason that education is considered a national investment. Therefore, in South Africa, the largest portion of government budget is allocated to education, including FET colleges. FET colleges are supposed to contribute to academic and skills development and training. This study evaluates whether government funding to public FET colleges is effective for this skills development and training. I have used Public Finance Management Theory to discuss the contractual relationship between government and FET colleges that is crucial to managing public money in this regard. The methodology used is a mixed-method approach, which is largely qualitative but also uses descriptive statistics in quantitative inquiry. The specific instruments used are structured questionnaires and an analysis of institutional financial documents. The significant finding was that a disproportionate amount of money is spent on personnel salaries and less on students or infrastructure. This means that the new funding model is failing the FET system of education. Importantly, this study establishes that there is a need to engage in partnerships with the private sector as an alternative funding source. It believes that an alternative funding model, particularly in partnership with the private sector, is sustainable and therefore recommends that FET colleges pursue this model alongside government funding.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie navorsingswerk behels ’n ondersoek na die nuwe befondsingsmodel van drie openbare Verdere Onderwys en Opleiding (VOO) kolleges in die KwaZulu-Natal Provinsie. Die navorsing het ten doel om die omvang van doeltreffendheid van die befondsingsmodel in die verskillende kolleges vas te stel. Die meeste regerings wêreldwyd beskou onderwys as ’n sentrale bydraer tot die ekonomiese ontwikkeling van ’n land en uiteindelik van sy voorspoed. Dit is om hierdie rede dat onderwys as a nasionale belegging beskou word. Die grootste deel van die regering se begroting word dus aan onderwys toegeken, insluitende VOO-kolleges. VOO-kolleges is veronderstel om by te dra tot akademiese-, en vaardigheidsontwikkeling en opleiding. Hierdie navorsing evalueer of die regering se befondsing aan openbare VOO’s effektief is met betrekking tot die ontwikkeling van vaaardighede en opleiding. Die metodologie wat gebruik is, het bestaan uit ’n gemengde-metode-benadering wat hoofsaaklik kwalitatief was, maar ook gebruik gemaak het van beskrywende statistiek in ’n kwantitatiewe ondersoek. Daar is gebruik gemaak van spesifieke instrumente, naamlik gestruktureerde vraelyste en ’n ontleding van institusionele finansiële dokumente. Die vernaamste bevinding was dat ’n bedrag van die fondse wat aan personeel-salarisse bestee word buite verhouding is tot die kleiner bedrag wat aan studente en infrastruktuur bestee word. Dit beteken dat die nuwe befondsingmodel die VOO-stelsel van onderwys in die steek laat. Dit is belangrik dat hierdie navorsing bevind het dat daar ’n behoefte bestaan om ’n vennootskap te sluit met die privaatsektor as ’n alternatiewe befondsingsbron. Dit veronderstel dat ’n alternatiewe befondsingsmodel, veral in samewerking met die privaatsektor, volhoubaar is en derhalwe word aanbeveel dat VOO-kolleges dit naas regeringsbefondsing najaag.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/98002
This item appears in the following collections: