Buitetekste in 'n elektroniese gebaretaalwoordeboek

Date
2014
Authors
Fourie Blair, Hanelle
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Bureau of the WAT
Abstract
Die voorstelle wat in hierdie artikel oor buitetekste in 'n elektroniese gebaretaal-woordeboek gemaak word dien as deel van 'n volledige konsepmodel wat spesifiek vir die De la Bat Skool vir Dowes in Worcester, Suid-Afrika, voorgestel word (Fourie 2013). Die doel van die voorgestelde woordeboek is om die leerlinge van die De la Bat Skool elektroniese toegang tot geskrewe skoolwoordelyste te gee, met gebare en voorbeelde in gebaretaal wat in videoformaat vertoon word — dus in die vorm van 'n elektroniese woordeboek. 'n Geskrewe woordelys voldoen glad nie in hierdie geval aan die behoeftes van skoolleerders nie en 'n woordeboek wat vir die Dowe teikengebruikers by die skool ontwerp is, sal van veel groter waarde wees in die leerders se omgang met beide gebaretaal sowel as die geskrewe taal. Die artikel bespreek dataverspreiding en die gebruik van 'n raamstruktuur, die gebruik van buitetekste en verskaf ook voorbeelde van buitetekste in bestaande gebaretaalwoordeboeke, hetsy elektronies of nie. Daarna word voorstelle vir buitetekste in die konteks van die model gemaak met illustrerende voorbeelde.
The suggestions made in this article about outer texts in an electronic sign language dictionary serve as part of a complete concept model suggested specifically for the De la Bat School for the Deaf in Worcester, South Africa (Fourie 2013). The purpose of the proposed dictionary is to give the learners of the De la Bat School electronic access to written school word lists, with signs and examples in sign language displayed in video format — therefore in the form of an electronic dictionary. A written word list does not meet the needs of school learners in this case and a dictionary that is designed for the Deaf target users at the school will be of far greater value in the learners' communication in both sign language and the written language. The article discusses data distribution and the use of a frame structure, the use of outer texts and also supplies examples of outer texts in existing sign language dictionaries, whether electronic or not. Following that suggestions for outer texts in the context of the model are made with illustrating examples.
Description
CITATION: Fourie Blair, H. 2014. Buitetekste in 'n elektroniese gebaretaalwoordeboek. Lexikos, 24:116-154, doi:10.5788/24-1-1255.
The original publication is available at http://lexikos.journals.ac.za/pub/article/view/1255
Keywords
Sign language -- Dictionaries
Citation
Fourie Blair, H. 2014. Buitetekste in 'n elektroniese gebaretaalwoordeboek. Lexikos, 24:116-154, doi:10.5788/24-1-1255.