Judicial management as a technique for corporate rescue. A comparison with English and Australian law.

Kloppers, Pieter W (2000-03)

Thesis (LLM)--Stellenbosch University, 2000.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Judicial management has been part of South African company law since 1926. It was introduced as a procedure to provide for a corporate rescue. Judicial management has changed little since its introduction. This is in stark contrast with the position in other jurisdictions where the need for improved corporate or business rescue procedures has received considerable attention in the last few decades. This thesis examines the suitability of judicial management as a business rescue procedure for the current South African circumstances and compares it to similar mechanisms in England and Australia. The modem economy relies on credit. Furthermore the globalisation of markets and the increase in competition between enterprises add to the unpredictability of an enterprise's economic circumstances. Thus, one of the important objectives of a corporate insolvency regime is the preservation of viable economic enterprises. A business rescue procedure such as judicial management is therefore an essential component of a corporate insolvency regime. However, judicial management needs reform. The existing shortcomings of judicial management include its high cost, the appointment of professional liquidators as business rescuers, the lack of a business rescue culture, the absence of an approved rescue plan, the treatment of judicial management as an extraordinary measure in corporate insolvency and the use of section 311 of the Companies Act as a corporate rescue mechanism. This thesis proposes that judicial management should commence with a mere resolution by the directors. This is less cumbersome than the existing procedure to commence judicial management comprising a court order. Judicial management triggers a stay of limited duration on legal proceedings that provides an essential breathing space to devise and implement a rescue plan. Once judicial management commences the creditors should hold the power to decide on the future of the company. They can therefore accept or reject a rescue plan (prepared by the judicial manager) for the restructuring of current rights and obligations and for the future management of the company. During judicial management and the execution of the rescue plan, control of the company's assets vests in the judicial manager and directors lose their powers of management. Judicial managers should be encouraged to make a success of judicial management by providing that the judicial manager cannot be appointed as the liquidator in a subsequent liquidation. Furthermore, the burden of the costs of judicial management could be eased by providing a more flexible system for the remuneration of the judicial manager. A statutory business rescue procedure interacts with other components of an insolvency regime and other areas of law. In order to optimise the positive effects of a business rescue procedure certain changes are proposed regarding statutory provisions on insolvent trading, the phenomenon of phoenix companies, section 311 of the Companies Act and tax legislation. The thesis also proposes a smooth transition from judicial management to voluntary liquidation. The thesis has an annexure with draft legislation to give effect to the principal changes proposed by it for the Companies Act.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Geregtelike bestuur is reeds sedert 1926 deel van die Suid-Afrikaanse maatskappyereg. Dit is ingestel as 'n prosedure om maatskappye van ondergang te red. Geregtelike bestuur het sedertdien min verander. Dit is in skerp teenstelling met ander jurisdiksies wat die afgelope paar dekades toegewy gewerk het aan prosedures om korporasies en besighede te red. Hierdie tesis ondersoek die toepaslikheid van geregtelike bestuur as 'n prosedure om in die huidige Suid-Afrikaanse omstandighede besighede van ondergang te red en vergelyk dit met soortgelyke prosedures in Engeland en Australië. Moderne ekonomieë se afhanklikheid van krediet, die globalisering van markte en die toename in mededinging tussen ondernemings dra by tot die wisselvallige ekonomiese omstandighede van 'n onderneming. Die redding van lewensvatbare ondernemings is gevolglik 'n belangrike doelstelling van korporatiewe insolvensiereg. Daarom is 'n prosedure soos geregtelike bestuur om ondernemings te red 'n onontbeerlike element van korporatiewe insolvensiereg. Geregtelike bestuur moet egter hervorm word. Geregtelike bestuur het verskeie tekortkominge waaronder hoë regskoste, die aanstelling van professionele likwidateurs as persone om ondernemings te red, die gebrek aan 'n kultuur om ondernemings te red, die afwesigheid van 'n goedgekeurde reddingsplan, die hantering van geregtelike bestuur as 'n buitengewone remedie in korporatiewe insolvensiereg en die gebruik van artikel 311 van die Maatskappywet as 'n meganisme om maatskappye van likwidasie te red. Die tesis stel voor dat geregtelike bestuur met 'n blote direksiebesluit in werking gestel word. Dit is minder belemmerend as die hofbevel waarmee geregtelike bestuur tans begin word. Geregtelike bestuur stel'n moratorium van beperkte duur in werking waartydens geen geregtelike prosesse teen die maatskappyaanhangig gemaak of voortgesit kan word nie. Dit gee die maatskappy die nodige grasie om 'n reddingsplan uit te werk en te implementeer. Opsomming Geregtelike bestuur is reeds sedert 1926 deel van die Suid-Afrikaanse maatskappyereg. Dit is ingestel as 'n prosedure om maatskappye van ondergang te red. Geregtelike bestuur het sedertdien min verander. Dit is in skerp teenstelling met ander jurisdiksies wat die afgelope paar dekades toegewy gewerk het aan prosedures om korporasies en besighede te red. Hierdie tesis ondersoek die toepaslikheid van geregtelike bestuur as 'n prosedure om in die huidige Suid-Afrikaanse omstandighede besighede van ondergang te red en vergelyk dit met soortgelyke prosedures in Engeland en Australië. Moderne ekonomieë se afhanklikheid van krediet, die globalisering van markte en die toename in mededinging tussen ondernemings dra by tot die wisselvallige ekonomiese omstandighede van 'n onderneming. Die redding van lewensvatbare ondernemings is gevolglik 'n belangrike doelstelling van korporatiewe insolvensiereg. Daarom is 'n prosedure soos geregtelike bestuur om ondernemings te red 'n onontbeerlike element van korporatiewe insolvensiereg. Geregtelike bestuur moet egter hervorm word. Geregtelike bestuur het verskeie tekortkominge waaronder hoë regskoste, die aanstelling van professionele likwidateurs as persone om ondernemings te red, die gebrek aan 'n kultuur om ondernemings te red, die afwesigheid van 'n goedgekeurde reddingsplan, die hantering van geregtelike bestuur as 'n buitengewone remedie in korporatiewe insolvensiereg en die gebruik van artikel 311 van die Maatskappywet as 'n meganisme om maatskappye van likwidasie te red. Nadat geregtelike bestuur in aanvang geneem het behoort die krediteure die mag te hê om oor die toekoms van die maatskappy te besluit. Krediteure sou 'n reddingsplan (voorberei deur die geregtelike bestuurder) wat vir die herstrukturering van die regte en verpligtinge van die maatskappy en vir sy toekomstige bestuur voorsiening maak kon aanvaar of verwerp. Gedurende geregtelike bestuur en die uitvoering van die reddingsplan vestig die beheer oor die bates van die maatskappy in die geregtelike bestuurder. Die direksie verloor terselfdertyd alle bestuursbevoegdhede. Geregtelike bestuurders behoort aangemoedig te word om 'n sukses van die geregtelike bestuur te maak deur te bepaal dat 'n geregtelike bestuurder nie as likwidateur aangestel kan word indien die maatskappy uiteindelik gelikwideer word nie. Die las van hoë koste kan verlig word deur 'n buigsame stelsel van vergoeding vir die geregtelike bestuurder in te stel. 'n Statutêre reddingsprosedure vir ondernemings staan in wisselwerking met ander elemente van korporatiewe insolvensiereg en ander regsgebiede. Ten einde die positiewe uitwerking van 'n reddingsprosedure vir ondernemings te optimaliseer word sekere veranderinge ten opsigte van die wetgewing met betrekking tot handeldryf in insolvente omstandighede, die verskynsel van "phoenix" maatskappye, artikel 311 van die Maatskappywet en belastingwetgewing voorgestel. Die tesis stelook 'n gladde oorskakeling van geregtelike bestuur na vrywillige likwidasie voor. Die tesis sluit ook 'n aanhangsel met voorgestelde wetgewing in om uitvoering te gee aan die belangrikste veranderinge aan die Maatskappywet wat in die tesis voorgestel word.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/97516
This item appears in the following collections: