Die varieteite van Afrikaans as draers van identiteit : n sosiokulturele perspektief

Le Cordeur, Michael (2011-12)

CITATION: Le Cordeur, 2011. Die variëteite van Afrikaans as draers van identiteit: ’n Sosiokulturele perspektief. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 51(4):758-777.

The original publication is available at http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_issuetoc&pid=0041-475120110004&lng=en&nrm=iso

Article

AFRIKAANSE OPSOMMING: Alexander (1994:24) wys daarop dat Afrikaans in die verlede dikwels as politieke speelbal gebruik is in die naam van ’n soeke na identiteit. Hierdie artikel is nie ’n poging om hierdie debat voort te sit nie; veel eerder is dit ’n bydrae tot die debat dat persone se huistaal, in welke variëteit ook al, meer is as net ’n kommunikasiemiddel in post-apartheid Suid-Afrika. Meer spesifi ek ondersoek die artikel hoe die Afrikaanse taal in sy verskillende variëteite die onderliggende draers is van identiteit van die persone wat as “Kleurling”1 geklassifi seer is en voorheen op grond van armoede, woonplek en ras benadeel is. Vanuit ’n sosiokulturele perspektief word die ontstaan en ontwikkeling van Afrikaans asook sekere variëteite van Afrikaans met behulp van ’n literatuurondersoek beskryf. Hieronder is Kaapse Afrikaans en die verwante Moesliem-Afrikaans, Namakwalands en Griekwa- Afrikaans as voorbeelde van Oranjerivierafrikaans, en Karoo-Afrikaans en Tsotsitaal as voorbeelde van Oosgrensafrikaans. Onderhoude is gevoer met verteenwoordigende sprekers van die verskillende variëteite terwyl die lirieke van sommige liedjies wat in sommige streke baie prominent is, ook beskou word.

ENGLSIH ABSTRACT: This article builds on the exploration of the negotiation of identity via language in post-apartheid South Africa. Specifi cally, it looks at the ways in which the various varieties of the Afrikaans language underpin the individual and collective identities of those Afrikaans-speaking people classifi ed as “Coloured” and marginalised by poverty, location and race. Alexander (1994:24) points out that Afrikaans in the past often had been misused for political reasons in the search for identity. From a socio-cultural perspective and by means of a literature review this article will refl ect on the origin and development of Afrikaans, amongst others: Cape Afrikaans and the related dialect of Muslim Afrikaans, Namakwalands and Griqua Afrikaans as examples of Orange River Afrikaans, as well as Karoo Afrikaans and Tsotsitaal as examples of Eastern Border Afrikaans. Interviews were conducted with representative speakers of the various varieties of Afrikaans, whilst the lyrics of Afrikaans songs prominent in some Afrikaans-speaking areas were also studied. The data gained from the literature review, supported by the evidence collected from the interviews and the songs, showed that the various varieties of Afrikaans are a sound indicator of identity in those Afrikaans-speaking communities under review.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/97491
This item appears in the following collections: