Impak van die verlengde graadprogramme aan die Universiteit van Stellenbosch : 'n evalueringstudie

Goldie, J. G. (2013-03)

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: This study examines the impact of the extended degree program on the students admitted to these programs. The extended degree program offers students an alternative access route to higher education institutions. The program is aimed at students from former disadvantage school environments that have the potential to be successful in their studies. The literature review shows that the programs are successfully implemented over the world. The literature also indicates that if learners are longer exposed to a specific subject, they perform better in this subject. This statement is specifically investigated in this study because it is one of the extended degree program`s building blocks – give students more exposure to a specific subject and they have a better chance to achieve success in that subject. In answering the main research question “What impact does the extended degree program has on both the student and institution.”, both quantitative and qualitative data were collected. Quantitative data used in this study were the final marks and throughput rates of students. Qualitative data was obtained through interviews with students in the program. Although the findings of this study are context specific, it contributes to the growing knowledge and better understanding of the impact that the extended degree program has on the student and university. The two main findings of this work were: i) The academic performance of students in the extended degree program improved in relation to the performance of students in the mainstream. ii) The performance of students in the extended degree programs justifies the existence of the programs at the University of Stellenbosch.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek die impak wat die verlengde graadprogram het op studente wat tot hierdie programme toegelaat word. Die verlengde graadprogram bied ʼn alternatiewe toegangsroete aan studente tot hoëronderwysinstellings. Die programme is gemik op leerders uit ʼn voorheen benadeelde skoolomgewing wat die potensiaal toon om suksesvol in hulle studies te wees. Die literatuurstudie toon dat die programme met sukses oor die wêreld geïmplementeer word. Die literatuur toon ook aan dat leerders wat langer aan ʼn spesifieke vak blootgestel word, beter in die vak presteer. Hierdie stelling is spesifiek in die studie ondersoek, want dit is een van die verlengde graadprogram se boustene – gee studente langer blootstelling aan ʼn spesifieke vak sodat hulle ʼn beter kans het om sukses in die vak te behaal. Om die hoofnavorsingsvraag “Watter impak het die verlengde graadprogram op beide die student en instansie.” te beantwoord, is beide kwantitatiewe- en kwalitatiewe data ingesamel. Kwantitatiewe data wat gebruik is in die studie is die prestasiepunte en deurvloeisyfers van studente. Kwalitatiewe data is verkry deur onderhoude te voer met studente in die verlengde graadprogram. Alhoewel die bevindinge van dié studie konteks spesifiek is, dra dit by tot die groeiende kennis en beter verstaan van die impak wat die verlengde graadprogram het op die student en die universiteit. Die twee belangrikste bevindinge van hierdie werk is: i) Die akademiese prestasie van studente in die verlengde graadprogram verbeter ten opsigte van studente in die hoofstroom. ii) Die prestasie van die studente in die verlengde graadprogramme regverdig die voortbestaan van die programme aan die Universiteit van Stellenbosch.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/97400
This item appears in the following collections: