The moral community and moral consideration : a pragmatic approach

Stephens, Christopher (2015-04)

Thesis (MA)--Stellembosch University, 2015.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The aim of this thesis is to argue for a new metric for determining the moral status of another being. Determining this status is of foundational importance in a number of legal, political, and ethical concerns, including but not limited to animal rights, the treatment of criminals, and the treatment of the psychologically afflicted. This metric will be based upon one’s capacity to morally consider others. In other words, in order to have full moral status, one must be able to have moral concern for others and act upon this concern to even a minimal degree. In doing so, one will be considered to belong to a “moral community”, which affords the member a certain set of rights, privileges, and duties towards other community members. Arguing for the existence of such a community achieves the pragmatic aspect of this thesis. I argue that morality is geared towards group-survival strategies which have been evolutionarily selected for, and thus by organizing societal structures towards the tools which nature has armed us with, we may maximize the powers and capacities of the community members. In order to achieve these aims, I defend a concept of morality as based in emotion, requiring certain neurological structures, which gives the first set of criteria for identifying potential members of the moral community. I then discuss the issue of identifying the capacity for morality in non-human minds, arguing that we may infer moral capacities from behaviourism. In summary, the findings of this paper are that first, morality is essentially emotional in nature and is a product of the nature of our neurological system, although rational processes and enculturation shape particular moral sensitivities and priorities. Second, one can infer the existence of moral capacities in animals from their behaviour, and, at risk of engaging in anthropomorphism, to deny these capacities completely entails solipsism. Thirdly, and most importantly, those who are capable of morally considering others ought to be afforded full moral status themselves and be brought into a “moral community” wherein special rights, freedoms, and privileges allow the members to most efficiently contribute to the community, maximizing the powers and benefits of the community.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie tesis is om ’n nuwe maatstaf voor te hou waarvolgens die morele status van ’n ander wese bepaal kan word. Die bepaling van hierdie status is van fundamentele belang vir ’n hele aantal regs-, politiese en etiese aangeleenthede. Dit sluit, onder andere, diereregte, die behandeling van misdadigers en die behandeling van diegene met sielkundige probleme in. Hierdie maatstaf sal gebaseer word op die vermoë van die individuele wese om ander moreel in ag te neem. Met ander woorde om volle morele status te hê, moet 'n wese daartoe in staat wees om moreel besorg te wees oor ander en om, ten minste tot ’n minimale mate, na gelang van hierdie besorgheid op te tree. Op grond hiervan kan daar aanvaar word dat daardie wese tot ’n “morele gemeenskap” behoort, wat ook aan hom ’n stel regte, voordele en pligte teenoor ander gemeenskapslede sal besorg. Om ’n argument vir die bestaan van só ’n gemeenskap te maak sal die pragmatiese doelwit van hierdie tesis bereik. Ek argumenteer dat moraliteit ingestel is op groepsoorlewingstrategieë wat evolusionêr geselekteer is. Dit wil sê deur samelewingstrukture op só ’n wyse te organiseer dat dit gebruik maak van die gereedskap waarmee die natuur ons bewapen het, sal ons die bevoegdhede en die vermoëns van gemeenskapslede kan maksimaliseer. Om hierdie doelwitte te bereik, verdedig ek ’n verstaan van moraliteit as gebaseer in emosies wat sekere neurologiese strukture benodig. Dít verskaf die eerste stel kriteria waarvolgens potensiële lede van die morele gemeenskap geïdentifiseer kan word. Ek bespreek vervolgens die moontlikheid om die vermoë tot moraliteit in nie-menslike verstande te identifiseer en argumenteer dat morele vermoëns vanuit gedragsleer afgelei kan word. Ter opsomming is die bevindinge van hierdie tesis, eerstens, dat moraliteit wesenlik emosioneel van aard en ’n produk van ons neurologiese sisteem is, alhoewel rasionele prosesse en verkulturering spesifieke morele sensitiwiteite en prioriteite vorm. Tweedens kan die bestaan van morele vermoëns in diere afgelei word vanuit hulle optrede, en, alhoewel ons hier die risiko van antropomorfisme loop, behels die ontkenning van hierdie vermoëns solipsisme. Derdens, en die belangrikste, diegene wat daartoe in staat is om ander moreel in ag te neem behoort self volledig morele status toegeken te word. Hulle word sodoende in die “morele gemeenskap” betrek waar spesiale regte, vryhede en voordele gemeenskapslede sal toelaat om op die mees effektiewe wyse tot die gemeenskap by te dra om sodoende die bevoegdhede en voordele van die gemeenskap te maksimaliseer.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/97136
This item appears in the following collections: