Mega project analysis : a case study of the Gauteng Freeway Improvement Project

Parrock, Philip (2015-04)

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2015.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Mega projects have fascinated human beings for as long as history can remember. The urge to build something bigger and better than has ever been done before has always been a driving force behind the human race’s relentless pursuit of technological advancement. It is in this vein that mega projects have evolved over time, as methods of construction improved, so did the scale on which people could attempt new projects. The Channel Tunnel between England and France, the Hoover Dam in America and the Millau Viaduct in the French countryside are some of the biggest examples of infrastructure projects in the world and these are all unequivocally, mega projects. Costing at least $ 250 million and incorporating major technological challenges, mega projects continue to inspire and motivate artists and engineers alike. This thesis seeks to expand people’s understanding of the analysis of these mega projects. Mega project analysis is a field that has struggled to differentiate itself ordinary project analysis. The Gauteng Freeway Improvement Project (GFIP) and the associated e-tolling mega project will be analysed in this thesis. The framework for analysis will be provided by the work of Flyvbjerg, Bruzelius and Rothengatter (2003), who seek to analyse mega project success or failure based on three key indicators of economic sustainability, environmental concerns and the effect of public support. This thesis will use the indicators of economic sustainability and the effect of public support to determine whether the Gauteng Freeway Improvement Project (GFIP) can be viewed as a failed mega project or not. After an in-depth study of the data and material available, this descriptive and explanatory study shows that the GFIP and associated e-tolling mega project is indeed a failed mega project. This is because it has failed the analysis in both categories of economic sustainability and the effect of public support.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Megaprojekte het al eeue lank die mens gefasineer. Die neiging van die mens om iets groter en beter te maak as wat al ooit gemaak was het nog altyd baie dryfkrag verskaf vir die mens se strewe na tegnologiese verbetering. Dit is met hierdie idee in gedagte dat megaprojekte met tyd verander het, soos wat boumetodes verbeter het, so ook het die grootte van projekte verander wat mense kon aanpak. Die Channel Tonnel tussen Engeland en Frankryk, die Hoover Dam in Amerika en die Millau Brug in die Franse platteland is voorbeelde van die grootste infrastruktuur projekte ter wêreld en hierdie is al drie, sonder enige twyfel, megaprojekte. Teen ‘n koste van ten minste $ 250 miljoen en met grootskaalse tegnologiese uitdaging, hou megaprojekte aan om vir beide kunstenaars en ingenieurs te motiveer en uit te daag. Hierdie tesis poog om mense se kennis van die analise van megaprojekte te verbreed. Megaprojek analise is ‘n veld wat al jare lank sukkel om verskille te bewerkstellig tussen homself en gewone projek analise. Die “Gauteng Freeway Improvement Project” (GFIP) en die verwante e-toll megaprojek sal geanaliseer word in hierdie tesis. Die raamwerk vir analise sal deur Flyvbjerg, Bruzelius en Rothengatter (2003) verskaf word, waar die outeurs poog om megaprojekte se sukses of mislukking te bepaal gebaseer op die sleutel aanwysers van ekonomiese volhoubaarheid, omgewingskwessies en die effek van openbare ondersteuning. Hierdie tesis sal gebruik maak van die ekonomiese volhoubaarheid en openbare ondersteuning aanwysers om te bepaal of die GFIP beskou kan word as a mislukte megaprojek of nie. Na ‘n in-diepte study van die data en materiaal beskikbaar, sal hierdie beskrywende en verduidelikende studie wys dat die GFIP en verwante e-toll megaprojek inderdaad ‘n mislukte megaprojek is, as gevolg daarvan dat die GFIP megaprojek analise aandui dat die megaprojek misluk het in beide die ekonomiese volhoubaarheid en publieke ondersteunings aanwysers.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/97019
This item appears in the following collections: