Die verteenwoordiging van die Kaapse Kleurling-identiteit soos gesien in At her feet, Die Joseph en Mary affair en Bullets over Bishop Lavis

Van de Rhede, Robyn Candice (2015-04)

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2015.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: In this research I investigated, with specific references to the three dramas, the ways in which the Coloured and his community were represented in the post-apartheid theatre. I examined identity formation through the theories of Erik Erikson and James Marcia’s identity theories, as well as theories with regards to race and ethnic identity. From these theories I came to the conclusion that the individual identity is a constant process of forming and reforming, especially during the adolescent years. Secondly, I examined group identity. A group is characterised by the nature of the relationships between its members, and also plays an important role in the structuring of the members’ identities. Group identification is a strategy for successfully handling the negative effects that are associated with ethnic minority groups. Other racial groups are usually biased towards the ethnic minority groups because of the stigma by which they are characterised. The Cape Coloureds and the Cape Malays are the two groups that were chosen for examination and discussion, seeing that they are the two largest groups in Cape Town. There is a vast array of factors and subsections that can be chosen for the forming of a Coloured identity. These factors consist of gender, religion, language, style, class, education and appearance. Following on the research and chosen dramas, I formulate three categories, each consisting of its own type of Coloured character. Category one consists of the extreme stereotype: the typical Cape Coloured and Cape Malay. Category two makes space for the middle course: the more comprehensive Cape Coloured and the Indian-Muslim. The last category consists of the other extreme stereotype: the White-Coloured and the Public Malay. Category one and two are used most frequently when representing Coloureds. Category three Coloureds are chosen very seldom. Playwrights, directors and actors often create characters based on preconceived ideas of the Coloured identity. These characteristics seem to be a reduction of an identity that promotes these preconceived ideas. The Apartheid laws that were used to marginalise the Coloureds are still found in these characteristics. As long as these aspects are present in society, they will be displayed on stage. Unfortunately, within post-apartheid theatre, the Coloured and his community are still mostly represented by these stereotypes.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die navorsingsvraag lui soos volg: Met spesifieke verwysing na die gekose dramas, op watter wyse word die Kleurling en sy gemeenskap in die post-apartheid-teater uitgebeeld? Ten einde hierdie vraag te kan beantwoord, moes daar na spesifieke punte gekyk word. Eerstens is daar, met behulp van die identiteitsteorieë van Erik Erikson en James Marcia asook die teorieë rakende rasse- en etniese identiteit, gekyk na wat persoonlike identiteitsvorming behels. Vanuit hierdie teorieë kom ek tot die slotsom dat die individuele identiteit ’n konstante proses is wat gedurig aan die vorm en hervorm is, veral tydens die adolessentejare. Tweedens is daar gekyk na wat groepsidentiteit behels. ’n Groep word gekenmerk deur die aard van die verhoudings tussen sy lede en speel ’n sterk rol in die strukturering van identiteite. Groepsidentifisering is ’n strategie vir die suksesvolle hantering van negatiewe effekte wat verband hou met etniese minderheidsgroepe. Etniese groepe word heel dikwels bevooroordeel as gevolg van die stigma wat saam met die groep gekenmerk word. Die Kaapse Kleurling en die Kaapse Maleier is die twee groepe wat gekies is vir bestudering en bespreking, aangesien dit die twee grootste groepe binne Kaapstad is. Daar is ook aandag gevestig op identiteit soos te sien binne die literatuur en teater. Teater dien as ’n eksterne doel in die bevordering van ’n kulturele identiteit binne ’n onbekende konteks. Dit is ’n transformasieritueel wat die mens in staat stel om betekenis te produseer en te help om ’n wyse van identifikasie te skep. Teater is dié platform waar die mensdom in elke vorm ten toon gestel kan word – ’n ruimte wat verskaf word om die onbekende te konfronteer en dit gevolglik te aanvaar of nie. Daar is verskeie faktore en onderafdelings wat gekies kan word vir die vorming van ’n Kleurling-identiteit. Hierdie faktore bestaan uit die volgende: geslag, godsdiens, taal, styl, klas, opvoeding en voorkoms. Na aanleiding van die navorsing en gekose dramas, word daar drie kategorieë gevorm wat elkeen sy eie tipe Kleurlingkarakter huisves. Kategorie een bestaan uit die uiterste stereotipe: die tipiese Kaapse Kleurling en Kaapse Maleier. Kategorie twee maak plek vir die middeweg: die “lewende” Kaapse Kleurling en Maleise Indiër. Die laaste kategorie is die tuiste vir die ander uiterste, die Wit-Kleurling en die Publieke Maleier. Kategorie een en twee is waaruit die meeste Kleurlinge gekies en verteenwoordig word. Kategorie drie Kleurlinge word uiters selde verteenwoordig. Daar is ook geen melding van ’n Kleurling wat buite die Kaapse Vlakte gebore is en hoe sy lewe ontvou nie. Dramaturge, regisseurs en akteurs skep dikwels Kleurlingkarakters van wie daar vooropgestelde idees bestaan. Hierdie karaktereienskappe blyk ’n reduksie van identiteit te wees wat die vooropgestelde idees bevorder. Die Apartheidswette wat gebruik is om die Kleurling te marginaliseer, se skadu’s word steeds in hierdie karaktereienskappe aangetref. Solank as wat hierdie aspekte nog in die samelewing en gemeenskappe teenwoordig is, sal dit op een of ander manier op die verhoog uitgespeel word. Ongelukkig word die Kleurling en sy gemeenskap nog hoofsaaklik volgens hierdie stereotipes in die post-apartheid-teater verteenwoordig.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/96878
This item appears in the following collections: