Comparative evaluation of the Mobile Protocol 6 Suite

Pieterse, Johan (2015-03)

Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2015.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Mobile IPv6 is a proposed mobility standard for Next Generation Wireless Access Networks that allows mobile nodes, such as laptops, tablets, smart phones to stay reachable while moving around in an IPv6 Internet network. The need for MIPv6 exists because a mobile device cannot maintain the previously connected link when changing location and IP address. The initial IP Mobility protocol was first presented in 1993 for IPv4 and in 2004 for IPv6. The Mobile IP protocol solves the TCP/IP Stack Layer 3 mobility issue, by assigning a permanent IP Home Agent address to the mobile node. IPv4 has some drawbacks, the main one being IP address exhaustion, making MIPv6 the future option for mobility protocol in IP Networks.The main goal of the mobility protocol is to enable network applications to operate continuously at the required quality of service for both wired and wireless networks while the mobile node moves around in the network. MIPv6 on its own needs optimization techniques to improve the handover latency of the protocol and to minimize the latency. This thesis investigates MIPv6 simulated using OMNeT++ Network Simulator Framework and the implementation thereof on a Linux IPv6 test bed. The test bed was used to test handover latency, overhead added by the MIPv6 extensions and packet loss. The developed test set up can also be used to evaluate different handover schemes that might enhance the MIPv6 protocol, decreasing handover latency and enabling real-time IPv6 applications such as Voice over IP. FMIPv6 and PMIPv6 are extensions to MIPv6 to enhance it's functionality. These protocols are investigated and evaluated against MIPv6 in order to make recommendations on possible improvements of these mobility protocols.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Mobiele IPv6 is 'n voorgestelde standaard vir mobiele netwerke of die sogenaamde Volgende Generasie Netwerke wat mobiele nodes sal toelaat om bereikbaar te bly wanneer die nodes rondbeweeg in 'n IPv6 Internet omgewing. Die behoefte aan 'n kontinue netwerksessie is baie groot en dit kan toegeskryf word aan die vinnige toename in mobiele nodes, soos skootrekenaars, tablette en slimfone. Die oorspronklike IP Mobiele protokol was voorgestel in 1993 vir IPv4 en in 2004 vir IPv6. Mobiele IP dien as 'n oplossing vir netwerk mobiliteit deur te fokus op Laag 3 van die TCP/IP Stapel. Kontinue sessies word bereik deur 'n permanente Basis Adres aan die mobiele node te bind. IPv4 het heelwat nadele, waarvan die grootste een verseker IP adres uitputting is, ander nadele sluit in driehoekige roetering en invloei filtering wanneer die mobiele node rondbeweeg. Weens die genoemde nadele van MIPv4 en die stelselmatige oorgang van IPv4 na IPv6 word die fokus gerig op MIPv6 vir toekomstige verbetering en implementering. Die hoofdoel van MIPv6 is om te sorg dat mobiele nodes kan rondbeweeg in 'n network sonder om netwerk konneksie te verloor en ook om die gehalte van diens te handhaaf. MIPv6 benodig addisionele optimalisering tegnieke om die oorhandigings latensie van die protokol te verbeter en dus die gehalte van diens ook te verbeter. In die tesis ondersoek ons die elemente wat oorhandigingstydperk beinvloed en verhoog, deur MIPv6 in 'n OMNeT++ Simuleerder te evalueer. Nadat die nodige simulasie resultate verkry is, word MIPv6 geimplementeer op 'n toets netwerk om die oorhandigingstydperk te toets wanner die node rondbeweeg, oorhoofse inligting wat bygevoeg word deur MIPv6 en die aantal netwerk pakkies wat verlore gaan tydens die oorhandigingsproses. Hierna word die optimalisering tegnieke genaamd PMIPv6 en FMIPv6 ook geimplementeer op die toets netwerk om die e ektiwiteit en optimaliserings voordele teenoor die toets resultate van MIPv6 te vergelyk. Die resultate kan gebruik word om verbeterings en voorstelle te maak rakende die mobiele protokols.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/96777
This item appears in the following collections: