Addressing the incremental risks associated with social media by using the cobit 5 control framework

Gerber, Petro (2015-04)

Thesis (MComm)--Stellenbosch University, 2015.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Social media offers great opportunities for businesses and the use thereof will increase competitiveness. However, social media also introduce significant risks to those who adopt it. A business can use existing IT governance control framework to address the risks introduced by social media. However a business should combine existing control frameworks for adequate and complete IT governance. This study was undertaken to help businesses to identify incremental risks resulting from the adoption of social media and to develop an integrated IT governance control framework to address these risks both at strategic and operational level. With the help of the processes in COBIT 5, this study provides safeguards or controls which can be implemented to address the IT risks that social media introduce to a business. By implementing the safeguards and controls identified from COBIT 5, a business ensures that they successfully govern the IT related risks at strategic level. This study also briefly discuss the steps that a business can follow to ensure IT related risks at operational level is addressed through the implementation of configuration controls.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Sosiale media bied groot geleenthede vir besighede en die gebruik daarvan sal mededingendheid verhoog. Sosiale media hou ook egter beduidende risiko's in vir diegene wat dit aanneem. 'n Besigheid kan bestaande Informasie Tegnologie (IT) kontrole raamwerke gebruik om die risiko's wat ontstaan as gevolg van die gebruik van sosiale media aan te spreek. Vir voldoende en volledige IT korporatiewe beheer moet 'n besigheid egter bestaande kontrole raamwerke kombineer. Hierdie studie is onderneem om besighede te help om die toenemende risiko's wat ontstaan as gevolg van die gebruik van die sosiale media, te identifiseer en om 'n geïntegreerde IT kontrole raamwerk te ontwikkel om hierdie risiko's op strategiese sowel as operasionele vlak aan te spreek. Met die hulp van die prosesse in COBIT 5 voorsien hierdie studie voorsorgmaatreëls of kontroles wat geïmplementeer kan word om die IT-risiko's waaraan die besigheid, deur middel van sosiale media blootgestel is, aan te spreek. Deur die implementering van die voorsorgmaatreëls en kontroles soos geïdentifiseer uit COBIT 5, verseker ʼn besigheid dat hulle die IT-verwante risiko's op strategiese vlak suksesvol beheer. Hierdie studie bespreek ook kortliks die stappe wat 'n besigheid kan volg om te verseker dat IT-verwante risiko's op operasionele vlak aangespreek word deur die implementering van konfigurasie kontroles.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/96665
This item appears in the following collections: