Political regionalisation and oil production in Africa: the case of the LAPSSET Corridor
Date
2015-04
Authors
Lund, Svein Sørlie
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This
study
analyses
regionalism
in
Africa
from
a
theoretical
and
an
applied
perspective.
The
purpose
of
the
study
is
to
contribute
to
the
critical
and
reflectivist
corpus
of
theories
of
regionalism.
This
field
is
dominated
by
rationalist
theories
that
are
largely
preoccupied
with
formal
inter-‐state
and
market-‐driven
processes
of
regional
integration.
The
rationalist
theoretical
hegemony
in
academia
and
politics
serves
to
reinforce
and
reproduce
neoliberal
ideology
informing
global
political
economic
practices.
This
study
illustrates
the
limitations
and
normative
assumptions
of
these
orthodox
frames
and
demonstrates
the
multidimensionality
of
regionalisation.
The
study
applies
a
combination
of
three
critical
reflectivist
theories:
the
World
Order
Approach,
the
New
Regionalism
Approach
and
the
New
Regionalisms
Approach/Weave-‐
world
in
an
analysis
of
an
ongoing
regional
oil
and
infrastructure
project
in
East
Africa
called
the
Lamu
Port,
South
Sudan
and
Ethiopia
(LAPSSET)
Corridor.
The
study’s
primary
research
question
investigates
the
extent
to
which
oil
production
is
driving
the
manifestation
of
(new)
regionalism
in
East
Africa,
especially
in
terms
of
the
LAPSSET
Corridor,
with
secondary
questions
identifying
the
actors
involved
in
this regionalisation,
and
what
the
theoretical
framework
reveals
about
the
regionalisation
in
East
Africa.
After
a
review
of
some
of
the
most
influential
theoretical
contributions
to
the
study
of
regions
a
critical
reflectivist
approach
is
suggested
as
an
alternative
to
conventional
rationalist
theories.
A
broad
historical
overview
of
the
East
African
region
is
elaborated
with
a
focus
on
Uganda
and
Kenya,
highlighting
the
social,
cultural,
political
and
economic
evolution
of
the
region
before
reflection
on
how
forces
of
production
relate
to
regime
type
in
East
Africa.
Subsequently,
a
case
study
establishes
an
assessment
of
the
historical
and
social
construction
of
the
LAPSSET
Corridor.
The
objectives
of
the
LAPSSET
Corridor
and
its
implementation
mechanisms
are
scrutinised
and
viewed
in
comparison
with
its
potential
for
inclusiveness
of
local
participation
and
sustainable
socio-‐economic
development.
Two
important
conclusions
can
be
drawn
from
this
study.
The
first
is
that
oil
production
is
critical
in
the
current
regionalisation
in
East
Africa.
However,
the
nature
of
this
regionalisation
flows
contrary
to
other
regional motives.
The
second
conclusion
is
that
the
anti-‐reductionist
and
critical
reflectivist
approach
is
indeed
essential
to
fully
understand
the
variety
of
multi-‐level
factors
of
structures
and
agency
that
influence
regionalism
and
regionalisation
in
East
Africa.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie analiseer regionalisme in Afrika vanaf ‘n teoretiese en ‘n toegepaste perspektief. Die doel van die studie is om by te dra tot die kritiese en reflektiwistiese liggaam van teorie oor regionalisme. Hierdie studieveld word gedomineer deur rasionalistiese teorieë wat meerendeels besig is met formele inter-‐staat en markgedrewe prosesse van regionale integrasie. Die rasionele teoretiese hegemonie in akademia en politiek versterk en herproduseer sodanig neoliberale ideologie wat global politiek-‐ekonomiese praktyk bepaal. Hierdie studie wys die beperkinge en normatiewe aannames van hierdie ortodokse beskouings uit, en ontbloot die multidimensionaliteit van regionalisering. Die studie pas ‘n mengsel van krities-‐reflektivistiese teorieë toe: die Wêreldorde Benadering, die Nuwe Regionalisme Benadering, en die “Verweefde Wêreld” Benadering in ‘n analise van die regionale olie en infrastruktuurprojek in Oos-‐ Afrika wat die “Lamu Port, South Sudan and Ehtiopia” (LAPSSET) Korridor genoem word. Die studie se primêre navorsingsvraag fokus op die mate waartoe olieproduksie die manifestering van (nuwe) regionalisme in Oos-‐Afrika dryf, veral in terme van die LAPSSET Korridor, met sekondêre vrae om die akteurs te identifiseer wat betrokke is by hierdie regionalisering, en wat die teoretiese benadering blootlê aangaande die regionalisering in Oos-‐Afrika. Na ‘n oorsig van die belangrikste teoretiese bydraes tot die studie van streke word ‘n krities-‐reflekiwistiese benadering voorgestel as ‘n alternatief vir konvensionele rasionele teorieë. ‘n Breë historiese oorsig van die Oos-‐Afrika streek word verskaf, met ‘n fokus op Uganda en Kenia, en dit beklemtoon die sosiale, kulturele, politieke en ekonomiese ontwikkeling van die streek voordat ‘n oordenking van hoe die magte van produksie betrekking het op regimetipe in Oos-‐Afrika. Voorts verskaf die gevallestudie ‘n oorsig van die historiese en sosiale daarstel van die LAPSSET Korridor. Die doelwitte van die LAPSSET Korridor en sy implementeringsmeganismes word geëvalueer en beskou in vergelyking met sy potensiaal vir die insluiting van plaaslike deelname en volhoubare sosio-‐ekonomiese ontwikkeling. Die studie maak twee belangrike gevolgtrekkings moontlik. Die eerste is dat olieproduksie krities belangrik is in die huidige regionalisering in Oos-‐Afrika. Maar tog is die aard van die regionaliseringspatrone teenstrydig met ander streeksmotiverings. Die tweede gevolgtreking is dat die teen-‐reduksionistiese en krities-‐reflektiwistiese benaderings wel sentraal staan tot ‘n volle beskouing van die verskeidenheid van veelvlakkige faktore wat regionalisme en regionalisering in Oos-‐Afrika beïnvloed.

Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2015.
Keywords
Regionalism -- Africa, East, Petroleum industry and trade -- Africa, East, Lamu Port, South Sudan and Ethiopia (LAPSSET) Corridor, UCTD