Testing the theory of planned behaviour in predicting condom use in eastern Ghana : a three-wave longitudinal study

Date
2014-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Although young people’s sexual-risk behaviour raises public health concerns in Ghana, there is, however, little theory-guided research investigating this health problem empirically. This study tested the theory of planned behaviour’s (TPB) efficacy to explain intended condom use and self-reported condom use, using latent variable structural equation modelling. Public senior high school students (N = 684) aged 14-20 years from eastern Ghana completed measures based on the TPB’s components across three measurement occasions, spaced approximately three months apart. Consistent with the TPB, latent variable structural equation models showed that attitudes were positively associated with intended condom use over time. Subjective norms and perceived behavioural control were, however, not statistically significantly associated with intended condom use over time. Moreover, intended condom use was not significantly associated with self-reported condom use behaviour over time. Other analyses revealed that gender moderated the TPB components. These results highlight the importance of focusing adolescent sexual risk reduction programmes on intra-individual attitude formation and activation. The current data partially validate the TPB as a fairly robust model to guide the design of adolescent sex education programmes in eastern Ghana. The practical, theoretical, and the methodological implications of these results are discussed.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Alhoewel jongmense se seksuele risikogedrag besorgdheid oor openbare gesondheid in Ghana laat ontstaan, is daar min teoriegebaseerde navorsing wat hierdie gesondheidsprobleem empiries ondersoek. Hierdie navorsing het die doeltreffendheid van die teorie van beplande gedrag (TBG) getoets ten einde voorgenome kondoomgebruik en selfgerapporteerde kondoomgebruik met behulp van strukturele vergelykingsmodellering met latente veranderlikes te verduidelik. Hoërskoolleerders aan staatskole (N = 684) in die ouderdomsgroep 14-20 jaar uit die suidelike deel van Ghana het meetinstrumente met tussenposes van ongeveer drie maande en gebaseer op die komponente van TBG oor drie metingsgeleenthede heen voltooi. In ooreenstemming met die TBG het strukturele vergelykingsmodelle met latente veranderlikes getoon dat gesindhede mettertyd ʼn positiewe verband met voorgenome kondoomgebruik getoon het. Subjektiewe norme en waargenome gedragsbeheer is egter ná verloop van tyd nie statisties beduidend met voorgenome kondoomgebruik verbind nie. Daarbenewens is voorgenome kondoomgebruik nie gaandeweg met beduidende self-gerapporteerde gedrag rakende kondoomgebruik verbind nie. Ander analises het aan die lig gebring dat geslag die TBG-komponente gunstig beïnvloed het. Hierdie resultate beklemtoon die belang daarvan om op programme met betrekking tot adolessente se seksuele risiko ten opsigte van die vorming van intra-individuele gesindhede en aktivering te konsentreer. Die huidige data bevestig gedeeltelik die TBG as ’n redelik robuuste model as gids by die ontwerp van geslagsvoorligtingsprogramme vir adolessente in die suidelike deel van Ghana. Die praktiese, teoretiese en metodologiese implikasies van hierdie resultate word bespreek.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2014.
Keywords
Condom use -- Ghana, UCTD, Sexual behavior, Risk behavior, Risk-taking (Psychology)
Citation