Die onafhanlike apteekbedryf in die Boland : perspektiewe vir mededingendheid

Williams, Eddison Gabriel (2012-12)

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2012.

Thesis

Sedert die verandering in wetgewing in 2003, bevind die kleinhandel apteeksektor hulself in ‘n baie turbulente omgeweging, omdat die eksterne omgewing dramaties verander het en nuwe kompetisie gedryf deur sakereuse soos Clicks en Dischem hul voortbestaan bedreig. Die instelling van die enkeleindprys (SEP) en verandering in wetgewing oor die eienaarskap van apteke, het die grootste invloed gehad op die kleinhandelapteek sektor. Verder het die aanwysing van voorkeurdiensverskaffers deur mediesefondse die situasie vererger. In Suid-Afrika word die onafhanklike apteek gesien as ‘n voorbeeld van ‘n kleinsakeonderneming en die sleutel suksesfaktore in hierdie besighede kom dan ook sterk ooreen. Hierdie studie, ‘n gevallestudie, fokus dan op die sleutel suksesfaktore en strategiese banaderings wat kleinhandelapteke volg om mededingend te bly in hierdie hoogs kompeterende mark. Die studie is beperk tot die onafhanklike apteek in die Boland-area en inligting was verkry deur middel van ‘n vraelys. Die data is kwantitatief ontleed en verskeie afleidings aangaande die onafhanklike apteeksektor word gemaak. Die resultate toon dat daar geen eenvormige besigheidsmodel tussen die apteke in ons steekproef bestaan nie en dat die onafhanklike apteke in ‘n groot mate nie strategieë en taktiese benaderings het om met korporatiewe mededingers soos Clicks en Dischem te kan meeding nie.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/95688
This item appears in the following collections: