Transformative legal education

Quinot, G. (2011-09)

Inaugural lecture delivered on 19 September 2011

Other

Geo Quinot obtained the degrees BA (Law) cum laude, LLB cum laude and LLD from Stellenbosch University. Upon obtaining his LLB degree in 2000, he was awarded the Stellenbosch University Chancellor’s Medal. He also obtained an LLM from the University of Virginia School of Law in the USA on a Fulbright scholarship. In 2004 he was admitted as an advocate of the High Court of South Africa. Geo’s research focuses on general administrative law, including a particular focus on the regulation of state commercial activity. He is the author of various articles in academic journals, electronic publications and chapters in books. He has authored two books, State Commercial Activity: A Legal Framework (2009) and Administrative Law Cases and Materials (2008). He is currently the lead African partner in a British Academy-funded research partnership with the University of Nottingham, involving a large number of mostly African scholars researching public procurement regulation in Africa. Geo is involved in a number of teaching development initiatives, including a revision of the university’s assessment policy and the establishment of a comprehensive programme to develop law students’ writing skills. Following articles at Sonnenberg Hoffmann Galombik, Geo was appointed as a lecturer in the Department of Public Law, Stellenbosch University, in 2004 where he teaches administrative law, constitutional law and public procurement law. He was promoted to senior lecturer in 2007, to associate professor in 2009 and to professor in 2010. He is currently the editor of the Stellenbosch Law Review. Geo is married to Marinelle and they have two daughters, Delinda (4) and Célina (2).

AFRIKAANSE OPSOMMING: Geo Quinot het die grade BA (Regte) cum laude, LLB cum laude en LLD aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Met die verwerwing van sy LLB-graad in 2000 is die Kanseliersmedalje van die Universiteit Stellenbosch aan hom toegeken. Hy het ook ’n LLM-graad aan die Universiteit van Virginia in die VSA verwerf, waar hy as ’n Fulbright-beurshouer gestudeer het. In 2004 is hy toegelaat as ’n advokaat van die Hoë Hof van Suid-Afrika. Geo se navorsing fokus op algemene administratiefreg, insluitende ’n spesifieke fokus op die regulering van staatskommersiële handelinge. Hy is die outeur van talle artikels in vaktydskrifte, elektroniese publikasies en hoofstukke in boeke, sowel as twee boeke, State Commercial Activity: A Legal Framework (2009) en Administrative Law Cases and Materials (2008). Hy is tans die Afrika-leier in ’n navorsingsvennootskap met die Universiteit van Nottingham, befonds deur die British Academy, wat ’n groot aantal navorsers, meestal uit Afrika, insluit om die stand van staatsverkrygingsreg in Afrika te ondersoek. Geo is betrokke by ’n aantal inisiatiewe gerig op onderrigontwikkeling insluitende ’n hersiening van die universiteit se assesseringsbeleid en die vestiging van ’n oorkoepelende program om regstudente se skryfvaardighede te ontwikkel. Na ’n leerklerkskap by Sonnenberg Hoffmann Galombik is Geo in 2004 aangestel as ’n lektor in die Departement Publiekreg, Universiteit Stellenbosch, waar hy administratiefreg, staatsreg en staatsverkrygingsreg doseer. In 2007 is hy bevorder tot senior lektor, in 2009 tot mede-professor en in 2010 tot professor. Hy is tans die redakteur van die Stellenbosse Regstydskrif. Geo is getroud met Marinelle en hulle het twee dogters, Delinda (4) en Célina (2).

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/86830
This item appears in the following collections: