Teachers’ experiences and practices of support for school-going teenage mothers in Namibia

Haufiku, Anneli Ndapandula (2014-04)

Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2014.

ENGLISH ABSTRACT: The exclusion of girls who fall pregnant while attending school has long been a contentious issue in the literature as it normally ends their schooling. Namibian school-going girls who become pregnant while attending school are no longer excluded from continuing with their education, as new policies in education prevent such exclusion. This qualitative research explores teachers’ experiences of and support practices for school-going teenage mothers in Namibian secondary schools, given this policy context of inclusion. The study was framed within Bronfenbrenners’ bio-ecological system theory focusing on teachers’ interactions with teenage mothers. Eight participants were selected purposively from two secondary schools in the Oshikoto region, Namibia, provided that they were secondary-school teachers and had taught teenage mothers in the past three years. Data were collected in the form of semi-structured focus groups, follow-up individual interviews and field notes. Each focus group was represented by four teachers from the same school, two males and two females. Qualitative content analysis was used as a method of data analysis. The themes that emerged included the following: teachers’ responses to the inclusion of teenage mothers in schools, unpacking teachers’ perceptions on the policy of inclusion of teenage mothers, and support practices. The results revealed that there was a lack of resources and teachers’ felt burdened, not only in the classroom but generally in the school. Teachers, nevertheless, did have empathy for mothers as learners. They also felt both satisfied and dissatisfied, often blaming the inclusion policy for their difficulties in managing classroom dilemmas when teenage mothers were present. They displayed conditional caring and raised concerns about gender and care, as well as expressing a need for comprehensive information. The key finding was that teachers made a distinction between pregnant and parenting learners when thinking of support. The physical appearance of a pregnant learner played a role. Therefore teachers cared for a pregnant learner because they feared that something might happen to the pregnant learner while in their care in the classroom. This resulted in teachers seemingly providing “strategic caring” based on the condition of the pregnant learner. From the findings, it is recommended that pre-service and in-service training of teachers should pay attention to the practise of inclusion of teenage mothers in schools.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die uitsluiting van meisies wat tydens hul skoolloopbaan swanger word, is lank reeds in die literatuur ʼn netelige saak aangesien dit gewoonlik die einde van hul skoolloopbaan beteken. Namibiese skoolmeisies wat swanger word terwyl hulle nog skool bywoon, word nie meer verbied om hul skoolloopbaan voort te sit nie aangesien nuwe onderwysbeleide sodanige uitsluiting voorkom. Hierdie kwalitatiewe navorsing ondersoek onderwysers se ervaring van en die ondersteuningspraktyke vir skoolgaande tienermoeders in sekondêre skole in Namibië gesien uit die hoek van ʼn beleid van inklusie. Die studie val binne die raamwerk van Bronfenbrenner se bio-ekologiese sistemiese teorie en fokus op onderwysers se interaksie met tienermoeders. Agt deelnemers is deur middel van doelgerigte steekproefneming uit twee sekondêre skole in die Oshikoto-gebied in Namibië gekies met die voorbehoud dat hulle aan ʼn sekondêre skool onderwys gegee het en in die voorafgaande drie jaar tienermoeders onderrig het. Data oor onderwysers se ervarings is versamel deur middel van semi-gestruktureerde fokusgroepe, opgevolg deur individuele onderhoude en veldnotas. Elke fokusgroep is verteenwoordig deur vier onderwysers van dieselfde skool waarvan twee manlik en twee vroulik was. Kwalitatiewe inhoudsanalise is gebruik as metode om data te analiseer. Die temas wat te voorskyn gekom het, sluit in: onderwysers se reaksie ten opsigte van die insluiting van tienermoeders in skole, hul opvattings oor die beleid van inklusiwiteit van tienermoeders asook ondersteuningspraktyke. Die resultate het openbaar dat daar ʼn tekort aan hulpmiddels was, dat onderwysers gevoel het dat ʼn las op hulle geplaas is, nie net in die klaskamer nie, maar ook in die algemene skoolopset en ook dat onderwysers empatie getoon het teenoor leerders wat moeders was. Hulle het terselfdertyd tevrede en ontevrede gevoel en het dikwels die inklusiwiteitsbeleid blameer vir die probleme wat hulle ondervind het om dilemmas in die klaskamer te hanteer waar tienermoeders teenwoordig was. Hulle het voorwaardelike sorg aan die dag gelê, besorgdheid oor geslag en versorging uitgespreek en het ʼn behoefte aan omvattende inligting gehad. Die belangrikste bevinding was dat onderwyses ʼn onderskeid getref het tussen swanger leerders en leerders wat reeds ouers was wanneer ondersteuning ter sprake gekom het. Die fisieke voorkoms van ʼn swanger leerder het ʼn invloed gehad. Daarom het bevindings veronderstel dat onderwysers besorgd was oor ʼn swanger leerder wat in hul klaskamer was omdat hulle bang was dat iets met die swanger leerder kon gebeur terwyl sy in hul sorg in die klaskamer was. Dit het tot gevolg gehad dat onderwysers selfgerigte of strategiese sorg verleen het op grond van die toestand van die leerder. Na aanleiding van die bevindings word aanbeveel dat voordiens- en indiensopleiding van onderwysers aandag moet skenk aan die praktyk van inklusiwiteit van tienermoeders in skole.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/86504
This item appears in the following collections: