Effect of a mobile application promoting HIV prevention on knowledge of the benefits and uptake of HIV testing in Lagos, Nigeria

Kolawole, Oluwatoyin Olasimbo (2014-04)

Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2014.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The study addresses the low uptake of HIV counselling and testing (HCT) services for HIV prevention in Nigeria. A pre-test/post-test control-group design was employed to explore the effect of a mobile application (app) promoting HIV prevention on knowledge of benefits and uptake of HIV testing by people in Lagos metropolis. A simple random sampling was used to select 134 individuals from a convenience sample of 403 volunteers on Facebook. Ultimately 128 people gave consent to participate in the study and were randomly assigned to either an experimental group that received the mobile application on their devices or a control group. Participants completed an online questionnaire hosted on www.surveymonkey.com in September/October 2013 before the experimental group received the app for use on their mobile devices. Participants also completed the same questionnaire after twelve weeks. The study was conducted between August 2013 and January 2014. A total of 101 participants completed the survey at pre-test level; no participants were lost to follow up at post-test. Participants’ mean age was 29.66, with a median age of 28 years. The sample was represented by 35.4% females; 34% of participants were married. All participants completed senior secondary school education. Overall 70% of the sample did not have an HIV test in the preceding 12 months. Concerning risk profiles, 16.3% reported having sex with a non-regular partner in the preceding three months and 26.2% used condoms during the same period. A one-way analysis of covariance determined that the difference between the adjusted experimental group mean (M = 5.588, SE = .066) and the adjusted control group mean (M = 3.622, SE = .068) was statistically significant beyond the 0.01 level; (F(1, 100) = 429.575, p < .001, η2 = .814). The strength of the relationship, assessed with eta squared η2, was strong, with the treatment variable accounting for 81% of the variance in level of knowledge of benefits of HCT. Mobile app use was significantly associated with HIV testing: χ 2(1) = 5.099, p=.024; and the effect was moderate, ϕ = -.246, p = .024. A hierarchical loglinear model selection with a backwards elimination stepwise procedure produced a suitable model of two two-way associations of gender*HIV testing and HIV testing* marital status which had a likelihood ratio of χ 2(2) = 1.078, p =.583. The app could create demand for HIV testing and help to reach segments of the population who may be underserved due to punitive discrimination laws or restrictions posed by conservative environments.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die studie handel oor die lae gebruikmaking van MIV-voorligtings- en -toets (MVT)-dienste vir MIV-voorkoming in Nigerië. ’n Voortoets/natoets-kontrolegroepontwerp is gebruik om die uitwerking van ’n mobiele toepassing vir die bevordering van MIV-voorkoming te ondersoek op kennis van die voordele en aanwending van MIV-toetsing deur mense in die Lagos-metropool. ’n Eenvoudige ewekansige steekproef is gebruik om 134 individue te kies vir ’n nuttigheidsmonster van 403 vrywilligers op Facebook. Uiteindelik het 128 mense toegestem om aan die studie deel te neem en hulle is ewekansig toegesê aan óf ’n eksperimentele groep wat die mobiele toepassing op hul toestelle ontvang het óf ’n kontrolegroep. Deelnemers het ’n aanlyn-vraelys voltooi wat in September/Oktober 2013 by www.surveymonkey.com verskyn het voordat die eksperimentele groep die toepassing vir gebruik op hul mobiele toestelle ontvang het. Deelnemers het ook dieselfde vraelys na tien weke weer voltooi. Die studie is tussen Augustus 2013 en Januarie 2014 uitgevoer. Altesaam 101 deelnemers het die opname op voortoetsvlak voltooi; geen deelnemers is verloor wat met natoetsing opgevolg moes word nie. Deelnemers se gemiddelde ouderdom was 29.66, met ’n mediaanouderdom van 28 jaar. Die steekproef is verteenwoordig deur 35.4% vroue en 34% van die deelnemers was getroud. Alle deelnemers het hul senior sekondêre skool-onderrig voltooi. In die geheel het 70% van die steekproef nie in die voorafgaande 12 maande ’n MIV-toets ondergaan nie. Omtrent risikoprofiele het 16.3% gerapporteer dat hulle in die voorafgaande 3 maande seks met ’n nie-gereelde seksmaat gehad het en 26.2% het in dieselfde tydperk kondome gebruik. ’n Eenrigting-ontleding van kovariansie het bepaal dat die verskil tussen die aangepaste eksperimentelegroepgemiddelde (M = 5.588, SE = .066) en die aangepaste kontrolegroepgemiddelde (M = 3.622, SE = .068) statisties beduidend oor die 0.01-vlak was (F(1, 100) = 429.575, p < .001, η2 = .814). Die verhouding is met etakwadraat (η2) geëvalueer en was beduidend, met die behandelingsveranderlike verantwoordelik vir 81% van die variansie in kennisvlak van voordele van MVT. Die gebruik van die mobiele toepassing was aanmerklik met MIV-toetsing geassosieer: χ 2(1) = 5.099, p = .024, en die effek was matig: ϕ = -.246, p = .024. ’n Hiërargiese loglineêre modelseleksie met ’n terugwaartse uitskakeling- stapsgewyse prosedure het gelei tot ’n geskikte model van twee tweerigting-assosiasies van gender*MIV-toetsing en MIV-toetsing* huwelikstaat wat ’n waarskynlikheidsverhouding van χ2(2) = 1.078, p = .583 gehad het. Die toepassing kon aanvraag vir MIV-toetsing skep en help om segmente van die bevolking te bereik wat onvoldoende diens ontvang weens diskriminerende strafwette of beperkings deur konserwatiewe omgewings.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/86446
This item appears in the following collections: