Ouers se belewing van hul kind met dispraksie

Date
2014-04
Authors
Rust, Elmari
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Even though dyspraxia is a fairly new and unknown disorder, especially in South Africa, a fair amount of research has been conducted on what this condition entails, its causes and symptoms, as well as the resources available to deal with children with dyspraxia. However, research on the emotions, frustrations and concerns of the parents of children with dyspraxia is not as readily available. Bronfenbrenner’s bio-ecological perspective was used as it identifies the family’s diferrent systems where-in it functions. This can possibly identify and bring to attention the existing support systems within the family’s community. The research methodology of this study is qualitative research within the interpretive paradigm. The researcher made use of two case studies as this research explored a specific phenomenon. Through purposive sampling, four parents of children with dyspraxia was identified as participants. The research question guiding this study explores the personal experiences of the parents regarding their children’s dyspraxia. Individual semi-structured interviews and reflective journals were used as methods of data collection. According to existing literature, parents of children with disorders experience their children’s disorders on an emotional, physical as well as social level. The data analysis have shown that parents of children with dyspraxia also experience their children’s condition on these three levels. From this study, it was concluded that parents’ knowledge of dyspraxia, their living environment, the measure of support and resources available, as well as the number of children in the family are all factors that influence their experiences across the three aforementioned levels. The research provides insight into the parents’ experiences and the importance of adequate support for parents, and should promote general awareness and acknowledgement of dyspraxia as a significant barrier in a child’s development.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Alhoewel dispraksie veral in Suid-Afrika nog ’n betreklik nuwe en onbekende versteuring is, is daar al heelwat navorsing gedoen oor wat dié toestand behels, hoe dit ontstaan, met watter simptome dit gepaardgaan, en die beskikbare hulpbronne om ʼn kind met dispraksie te hanteer. Tog is navorsing oor die emosies, frustrasies en bekommernisse van die ouers van kinders met dispraksie nie ewe geredelik beskikbaar nie. Bronfenbrenner se bio-ekologiese teorie is gebruik, omdat dit die gesin se verskeie sisteme identifiseer waarbinne hulle funksioneer. Sodoende kan moontlike ondersteuning in die gesin se gemeenskap geïdentifiseer en bewerkstellig word. Die navorsingsmetodologie van hierdie studie is kwalitatiewe navorsing binne ʼn interpretatiewe paradigma. ʼn Spesifieke fenomeen is ondersoek en die navorser het gebruik gemaak van twee gevallestudies. Die deelnemers, soos geïdentifiseer deur ʼn doelgerigte steekproef, is vier ouers van kinders met dispraksie. Die navorsingsvraag wat hierdie studie lei handel oor die ouers se ervarings en persoonlike belewings rakende hul kinders se dispraksie. Individuele, semi-gestruktureerde onderhoude, sowel as reflektiewe joernale, is as metodes van data-insameling gebruik. Volgens bestaande literatuur beleef ouers van ʼn kind met ʼn versteuring hul kinders se toestand op ʼn emosionele, fisiese én sosiale vlak. Die data analise het gedui dat ook ouers van kinders met dispraksie hul kinders se toestand op hierdie drie vlakke ervaar. Die studie het ook daarop gedui dat ouers se kennis van dispraksie, die omgewing waar hulle woon, die mate van ondersteuning en hulpbronne waaroor hulle beskik, sowel as die getal kinders in die gesin, alles faktore is wat hul ervarings op voormelde drie vlakke beïnvloed. Die navorsing bied insig in die ouers se ervarings en die noodsaaklikheid van genoegsame ondersteuning vir ouers, en behoort algemene bewustheid en erkenning van dispraksie as ʼn hindernis vir ʼn kind se ontwikkeling te bevorder.
Description
Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2014.
Keywords
Parents of children with disabilities -- Family relationships, Children with disabilities -- Family relationships, Dyspraxia, Apraxia, Life change events, Theses -- Educational psychology, Dissertations -- Educational psychology, UCTD
Citation