Wartime propaganda in the Union of South Africa, 1939 - 1945

Monama, Fankie Lucas (2014-04)

Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2014.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: After the First World War (1914-1918) – the first “total war” in modern history, where whole populations, not just military forces, became participants in the war effort, the potential power of propaganda was realised, through the exploitation of mass communication media to manipulate public opinion. Alongside politico-diplomatic, economic and military manoeuvres, governments needed to mobilise the minds of their population to secure support, to mobilise them behind the war policy and to avoid discontent and dissension. This was particularly crucial to South Africa during the Second World War (1939-1945), especially as the country was threatened by deeply ingrained political tensions and internal divisions. The wartime Union, under General Jan Smuts, experienced an escalation of political extremism and militancy from radical sections of white Afrikaner nationalists who opposed the government’s war policy. Furthermore, some elements within even the Union Defence Force (UDF) displayed disloyal tendencies which threatened the morale of the armed forces. Thus, in response, the government waged a massive propaganda campaign during the war aimed at stimulating recruitment, at preserving national morale, at combating anti-war resistance and at minimising disruptions to the implementation of its war policy. To this end, the authorities exploited information avenues such as radio broadcasts, the press, films, mobile recruiting tours and military demonstrations for publicity and propaganda purposes. As propaganda delivery channels, radio, the press and films were potentially powerful. However, the strategy pursued by the authorities failed to maximise their full impact. The government also did not enjoy a media monopoly for the conduct of its war propaganda. The SABC continued operating independently and its airtime was not handed over to the authorities. Similarly, while the government relied on the support of sympathetic newspaper editors for its propaganda campaign, newspapers themselves sometimes ignored censorship regulations and published material which was unhelpful to the national war effort. Meanwhile, the opposition press also contested the propaganda terrain by waging anti-war campaigns. Films were the weakest link due to limited government control, production obstacles and an English language dominance which alienated the majority of white Afrikaans speakers. Another problem was persistent rivalry among various official and semiofficial propaganda agencies and a lack of clarity over a common propaganda policy. When it came to recruitment, government propaganda achieved particularly limited success. Despite patriotic appeals for volunteer enlistment, the shortage of manpower remained a persistent problem throughout the war. Alongside this, social and economic problems such as food and housing shortages also had a negative impact on public morale. The positive reach of propaganda efforts within the military, especially education, information and social welfare services, was also limited in that they were unable to dispel dissatisfaction resulting from poor service conditions, military policies, and the growing influence of war weariness. Towards the end of hostilities, there was a perceptible decline in troop discipline and morale. In general, therefore, the Union government’s overall war publicity and propaganda effort failed to produce a solid sense of national war cohesion or war unity. Although the country remained stable and was able to sustain war participation, it could not be said that South Africa’s leadership was able to persuade inhabitants – whether white or black - to participate in the Second World War as a war to be embraced as a people’s war.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918), die eerste “totale oorlog” in kontemporêre geskiedenis waartydens nie net militêre magte nie, maar hele gemeenskappe by die oorlogspoging betrek is, het die potensiaal van propaganda om die openbare mening met behulp van die massamedia te manipuleer, tuisgebring. Naas polities-diplomatiese, ekonomiese en militêre maneuvrering, moes regerings ook die gesindheid van die bevolking beïnvloed om hulle agter die oorlogspoging te skaar en twis en tweedrag te vermy. Gesindheidsbeïnvloeding was vir die Unieregering van kardinale belang gedurende die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945), aangesien Suid-Afrika onder diepgaande politieke verdeeldheid en interne spanning oor die oorlogskwessie gebuk gegaan het. Die Smuts-bewind het hewige politieke druk en militante weerstand ervaar van Afrikanernasionaliste wat teen die regering se oorlogsbeleid gekant was. Ontevrede elemente in die Unieverdedigingsmag (UVM) het insgelyks dislojale neigings openbaar, wat die moraal van die gewapende magte ondermyn het. Die regering het gevolglik gedurende die oorlog ’n omvattende propagandaveldtog van stapel gestuur om weerstand teen sy oorlogspoging te beveg, ontwrigting in die implementering van die oorlogsbeleid tot ’n minimum te beperk, die werwing van soldate te bevorder en die nasionale moraal hoog te hou. Die Smuts-regering het ’n verskeidenheid van instrumente, waaronder radio-uitsendings, die gedrukte media, rolprente, mobiele werwingsveldtogte en miltêre demonstrasies, vir hul reklame- en propagandaveldtogte ingespan. Die regering se propagandastrategieë het egter nie dié kragtige instrumente optimaal uitgebuit om maksimum trefkrag te verseker nie. Daarby het die regering ook nie ’n monopolie oor alle mediaplatvorms vir geniet om hul propagandaveldtogte te bedryf nie. Die SAUK het onafhanklik gefunksioneer en min lugtyd aan die regering afgestaan om radio-uitsendings vir publisiteit en propagande te benut. Die regering het voorts sterk op koerantredakteurs gesteun om hul propagandaveldtog te bevorder, maar redakteurs het soms sensuurregulasies geïgnoreer en artikels geplaas wat regeringsbeleid ondermyn het. Die opposisiepers het uiteraard ook die regeringspropaganda met anti-oorlogpropaganda beveg. Rolprente was die swakste skakel in die regering se reklame- en propagandastelsels vanweë hul swak beheer daaroor, ’n gebrek aan tegniese vaardigheid, die hoë koste van rolprentproduksies, asook die oorheersing van die bedryf deur die Engelse taal, wat die meerderheid Afrikaanssprekendes die harnas ingejaag het. ’n Verdere probleem was die voortdurende wedywering tussen die verskillende amptelike en halfamptelike propaganda-agentskappe. Dit was veral die gebrek aan ’n duidelike propaganda-beleid wat tot oorvleueling en mededinging gelei het. Wat werwingspropaganda betref, het die regering beperkte sukses behaal. Naas ’n beroep op pligsbesef, eer en glorie, het die regering oor geen hefkrag beskik om werwing te bevorder nie. ’n Gebrek aan mannekrag het derhalwe die UVM dwarsdeur die oorlog gekortwiek in weerwil van die regering se omvattende reklame- en propagandaprogramme. Teen 1945 het slegs sowat 330 000 uit die Unie se bevolking van nagenoeg tien miljoen vir vrywillige krygsdiens aangemeld. Sosio-ekonomiese uitdagings soos ’n gebrek aan voedselvoorrade en behuising het ook negatief op die openbare en burgerlike moraal ingewerk. Interne propaganda in die UVM, veral deur middel van die opvoedings-, informasie- en welsynsdienste, het ook beperkte sukses behaal as gevolg van ontevredenheid met militêre beleid, swak diensvoorwaardes en oorlogsmoegheid. Dié ontevredenheid het moraal en dissipline ondermyn en teen die einde van die oorlog tot uitdagende gedrag en oproer onder die troepe gelei. Oor die algemeen genome, was die Unie-regering se totale reklame- en propagandapoging dus oneffektief. Alhoewel die hele die stelsel nie in duie gestort het nie en Unie se oorlogspoging sonder groot ontwrigting voortgegaan het, het oorlogsmoegheid, oneffektiewe beleide en die invloed van sosio-ekonomiese probleme uiteindelik tot openbare en militêre ontnugtering gelei.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/86202
This item appears in the following collections: