Die toeval van ’n tentwoning / Die metanarratief van die toeverlaat

Van den Heever, Alettie (2011-12)

The original publication is available at http://www.litnet.co.za/

Article

Opsomming In hierdie artikel word Helena Verbloem, die hoofkarakter in Ingrid Winterbach se Die boek van toeval en toeverlaat (2006), se verstrengeldheid in die taal van die toeverlaat vanuit ’n godsdienssosiologiese perspektief ondersoek. Die sosioloog Peter Berger verwys na die mens se soeke na betekenis en orde as instinkmatig. In die geskiedenis van die mens is godsdiens een van die mees algemene betekenisskeppende projekte. Soos wat die aanleer van ’n moedertaal deel is van die internalisasie wat gedurende primêre sosialisering moet plaasvind, so sou ’n mens die analogie kon maak dat ’n mens wat binne ’n sekere godsdiens opgevoed word, daardie godsdienstige diskoers as “moedertaal” aanleer. Op die oog af omarm Helena die taal van die toeval (onder andere in haar denke rondom evolusie), maar op ’n minder bewustelike vlak is sy steeds verstrengel in die godsdienstige diskoers, haar “moedertaal”. Haar skulpe sou as simbool van haar soeke na betekenis en sin gesien kon word. Haar denke en spreke oor hierdie skulpe, en ook oor enkele godsdienstig-gelade begrippe soos die hel, die duiwel en sonde, dui op haar onvermoë om genees te word van godsdiens as “disease of language”, soos Max Mueller daarna verwys.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/85468
This item appears in the following collections: