The sustainability balanced scorecard : its theory and applications to companies operating within the South African fishing industry

Esterhuyse, Willem Petrus (2008-03)

Thesis (MBA (Business Management))--University of Stellenbosch, 2008.

Thesis

AFRIKAANSE OPSOMMING: Verskeie korporatiewe fiaskos gedurende die afgelope dekade het wêreldwye opskudding veroorsaak met die gevolg dat daar vanaf ‘n nuwe oogpunt gekyk word na die wyses waarop korporasies bestuur word. Terselfdertyd is daar ‘n wêreldwye belangstelling gekweek in volhoubare ontwikkeling en korporasies se bydrae daartoe. Dit, tesame met korporatiewe bestuur, het tot die gevolg gehad dat die fokus vanaf die tradisionele finansiële verslaggewing geskuif het na rapportering op die sogenaamde “Tripple Bottom Line” en meer en meer maatskappye oor die wêreld genereer en publiseer deesdae op hul ekonomies-, maatskaplike-, omgewingsverantwoordelikhede en prestasies. Gou is daar egter besef dat rapportering en die opstel van beleide self nie genoeg is nie en een van die die grootste uitdagings aan korporatiewe bestuurders tans is om te verseker dat hul korporatiewe bestuurstelsels hul volhoubare strategieë ondersteun om te verseker dat die strategieë in hul maatskappystelsels en prosesse geintegreer is. Kaplan en Norton het in 1992 die Gebalanseerde Telkaart ontwikkel. Die telkaart is as instrument voorgestel om strategieë in aksie oor te skakel. Die telkaart erken dat die tradisionele finansiële maatstawwe nie voldoende is om die volhoudbare sukses van die maatskappy te verseker nie en skep ‘n balans tussen nie-tradisionele maatstawwe oor vier areas: finansieël, kliënte, interne prosesse en leer en groei. Alhoewel daar verskeie gevallestudies in literatuur voorkom waar Gebalanseerde Telkaart implementering gefaal het, het navorsing bewys dat in gevalle waar dit wel suksesvol geimplementeer is, die telkaart ‘n dramatiese verskil aan die maatskapy se prestasie gemaak het. Daar moet dus besef word dat die telkaart wel sy tekortkominge het en dat die implementering daarvan oordeelkundig moet geskied. Gedurende die 21st eeu het outeurs die potensiaal van die Gebalanseerde Telkaart om korporatiewe volhoudbaarheidsstrategië in aksie oor te skakel raakgesien om sodoende die gaping tussen volhoudbare korporatiewe bestuur en die integrasie van beleid en strategieë in die maatskappy prosesse en -stelsels te oorbrug met die integrasie van volhoudbare maatstawwe in die Gebalanseerde Telkaart. Wêreldwyd is die visvangbedryf gedurig onder die kollig vanweë sy impak op die omgewing en die Suid-Afrikaanse visvangbedryf word nie uitgesluit nie. Die visbedryf is ‘n bron afhanklike bedryf en maatskappye moet teen mekaar meeding vir toegang tot die ontgunning van die bron. Vanuit ‘n ekonomiese en ‘n omgewings oogpunt is dit dus van uiters belang dat maatskappye in die bedryf volhoudbare strategieë toepas om die hernubaarheid van die bron te verseker. Suid-Afrikaanse maatskappye bevind hulself egter in ‘n unieke situasie in terme van maatskaplike verantwoordelikheid vanweë die onregmatighede van die apartheidstelsel en maatskaplike verantwoordelikheid moet dus transformasie insluit. Daarvoor het die Departement van Handel en Industrie reeds Die Swart Ekonomiese Bemagtigings Telkaart ingestel om die vordering van maatskappye te meet. Hierdie telkaarte vorm dus ‘n uitstekende basis vir die volhoudbaarheids gebalanseerde integrasie, nie net om te voldoen aan die legislatiewe regulasies nie, maar ook om die geleenhede wat daaruit kan voortspruit ten volle te benut. Hierdie navorsingsverslag ondersoek dus die skakels tussen korporatiewe bestuur en korporatiewe volhoudbaarheid, die teorië rondom die Volhoudbaare Gebalanseerde Telkaart en die moontlike toepassing daarvan op die Suid-Afrikaanse visbedryf.

ENGLISH SUMMARY: Over the past decade outrageous corporate fiascos has resulted in a renewed interest in Corporate Governance and the way Corporates are managed. At the same time sustainable development and the Corporate contribution and Corporate sustainability has gathered worldwide interest in both institutional and corporate spheres. This has triggered new expectations for business transparency and has shifted the focus from traditional financial reporting to reporting on the organization’s impact and performance on the triple bottom line. More companies from across the globe are developing and reporting on their economic, social- and environmental responsibility and performance. It soon became clear that reporting on broad policy is simply not enough and one of the biggest challenges of corporate managers today are to ensure that their sustainable strategies and policies are integrated into their organizational governance structures and processes. Kapland and Norton have developed the Balanced Scorecard in 1992 to provide business managers with a management tool to translate their strategies into action. The scorecard recognizes that traditional financial measurements is not enough to ensure the continued success of organizations and creates a balance between non traditional measurements across four perspectives: financial, customers, internal processes and learning and growth. Although various case studies exist about Balanced Scorecard implementation, empirical research have indicated substantial performance improvement at organizations that have successfully implemented the Balanced Scorecard. Implementation thereof therefore has to be carried out with caution. During the 2000’s authors has recognized the potential of the Balanced Scorecard to translate Corporate sustainability strategies into action and bridge the gap between the way corporates are governed and sustainability by integrating sustainability measures into the Balanced Scorecard for the creation of the sustainability Balanced Scorecard. Fisheries, world wide are continually under the spotlight as a result of their impact on the environment and the South African fishing industry is certainly not excluded. Fisheries are a resource dependent industry and companies have to compete against each other for access to these resources. Apart from its environmental impact it is therefore of outmost importance that managers within the industry considers all the sustainability aspects in their organizational structures. This research report thus explores the link between Corporate Governance and Corporate Sustainability, the theory surrounding the sustainability Balanced Scorecard and the possible application thereof in order to ensure the long term sustainability of the industry.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/816
This item appears in the following collections: