Obligatory reflexivity in Afrikaans : a minimalist approach

Oosthuizen, Johan (2013-03)

Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2013.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: This study focuses on the phenomenon of obligatory reflexivity in Afrikaans. Despite a considerable literature on this phenomenon as it is reflected in other languages, the Afrikaans data have not received any systematic attention. Hence, a first major aim is to address this empirical gap. Secondly, informed by the Afrikaans data, the study aims to develop an analysis that can provide a conceptually adequate account for the facts, and that is amenable to extension beyond Afrikaans. The proposed nominal shell analysis (of obligatory reflexivity) (NSA) is developed within, on the one hand, the general framework of Minimalist Syntax and, on the other hand, the specific framework of proposals about word order and linearisation phenomena in Germanic languages worked out in, amongst others, Holmberg (2000), Biberauer (2003), Biberauer & Richards (2006), Biberauer & Roberts (2006), and Biberauer et al. (2009, 2011). The basic idea underlying the NSA is that two expressions which enter into an obligatory coreferential relationship are initially merged into a nominal shell structure headed by an identity focus light noun n. It is argued that the identity focus n belongs to a natural class of identificational elements which also includes a contrastive focus n, a presentational focus n, a possessor focus n, and a quantity focus n. In terms of the NSA, the identity focus n takes a reflexive pronoun as its complement, with such a pronoun being analysed as a syntactic compound that is derived by merging a category-neutral lexical root √PRON with a D constituent containing unvalued φ-features. This means, then, that a reflexive pronoun is defined in syntactic terms and not in terms of special lexical features. The reflexive is subsequently raised to the identity focus n – which forms the locus of the suffix -self associated with morphologically complex reflexive pronouns – where it is spelled out as part of the compound n that is derived in this manner. The antecedent expression is next merged as the specifier of the compound light noun, resulting in a configuration where the antecedent can value the φ-features of the reflexive, with the n serving as mediator. In this configuration, the φ-valued pronoun is semantically interpreted as an anaphor and the nominal expression in the specifier position of the nP as its antecedent; that is, the pronoun is interpreted as obligatorily coreferential with this nominal expression. The details of the NSA and its empirical and conceptual consequences are worked out with reference to six constructions in which reflexive pronouns can occur: verbal object constructions, prepositional object constructions, double object constructions, infinitival constructions, small clause constructions, and possessive constructions. Brief attention is also given to the possibility of extending the ideas underlying the NSA to (i) languages of the Southern Bantu family, where the reflexive element surfaces as a verbal affix, and (ii) two further types of construction in Afrikaans which seem amenable to such a nominal shell approach, namely floating quantifier constructions and expletive daar (“there”) constructions.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie fokus op die verskynsel van verpligte refleksiwiteit in Afrikaans. Ten spyte van ’n aansienlike literatuur oor die realisering van hierdie verskynsel in ander tale, is daar nog geen sistematiese aandag gegee aan die Afrikaanse data nie. ’n Eerste hoofoogmerk van die studie is derhalwe om hierdie empiriese leemte te vul. ’n Tweede hoofoogmerk is om, in die lig van die Afrikaanse data, ’n analise te ontwikkel wat ’n konseptueel toereikende beskrywing en verklaring van die feite kan gee, en wat hopelik na ander tale uitgebrei kan word. Die voorgestelde nominale skulp-analise (van verpligte refleksiwiteit) (NSA) word ontwikkel binne, enersyds, die algemene raamwerk van Minimalistiese Sintaksis en, andersyds, die spesifieke raamwerk van voorstelle oor woordvolgorde en lineariseringsverskynsels in Germaanse tale soos uiteengesit in, onder meer, Holmberg (2000), Biberauer (2003), Biberauer & Richards (2006), Biberauer & Roberts (2006), and Biberauer et al. (2009, 2011). Die basiese idee onderliggend aan die NSA is dat twee uitdrukkings wat in ’n verhouding van verpligte koreferensie staan, inisieel saamgevoeg word in ’n nominale skulpstruktuur met ’n identiteitsfokus-ligte naamwoord n as hoof. Daar word geargumenteer dat hierdie n tot ’n natuurlike klas van identifikatoriese elemente behoort, waaronder ook ’n kontrasfokus-n, ’n presentasiefokus-n, ’n besittersfokus-n, en ’n kwantiteitsfokus-n. Volgens die NSA neem die identiteitsfokus-n ’n refleksiewe voornaam-woord as komplement, waar so ’n voornaamwoord ontleed word as ’n sintaktiese samestelling wat afgelei word deur die samevoeging van ’n kategorie-neutrale leksikale wortel √PRON met ’n D wat beskik oor ongewaardeerde φ-kenmerke. ’n Refleksiewe voornaamwoord word dus in sintaktiese terme gedefinieer en nie in terme van spesiale leksikale kenmerke nie. Die refleksief word vervolgens gehys na die identiteitsfokus-n – die lokus van die suffiks -self wat geassosieer word met morfologies komplekse relatiewe voornaamwoorde – waar dit uitgespel word as deel van die n-samestelling wat op dié manier afgelei word. Die uitdrukking wat as antesedent dien, word op sy beurt saamgevoeg as die spesifiseerder van die n-samestelling. Dit lei tot ’n konfigurasie waarin die antesedent waardes aan die φ-kenmerke van die refleksief kan toeken – via die n, wat dus as ’n tussenganger optree. In hierdie konfigurasie word die φ-gewaardeerde voornaamwoord semanties geïnterpreteer as ’n anafoor en die nominale uitdrukking in die spesifiseerderposisie van die nP as sy antesedent; met ander woorde, die voornaamwoord word geïnterpreteer as verplig koreferensieel met dié nominale uitdrukking. Die besonderhede van die NSA en die empiriese en konseptuele konsekwensies daarvan word uitgewerk aan die hand van ses konstruksies waarin refleksiewe voornaamwoorde kan voorkom: verbale-objekkonstruksies, preposisionele-objekkonstruksies, dubbelobjekkonstruksies, infinitiefkonstruksies, beknopte-sinkonstruksies, en besitskonstruksies. Daar word ook kortliks aandag gegee aan die moontlikheid om die idees onderliggend aan die NSA uit te brei na (i) tale van die Suidelike Bantoe-familie, waar die refleksiewe element voorkom as ’n verbale affiks, en (ii) twee verdere konstruksies in Afrikaans wat moontlik aan die hand van so ’n nominale skulp-benadering ontleed kan word, nl. swewende-kwantifiseerderkonstruksies en ekspletiewe-daar-konstruksies.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/80305
This item appears in the following collections: