Perception of integration in the MBChB III programme at Walter Sisulu University

Date
2013-03
Authors
Garcia-Jardon, Mirta
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Since the SPICES (S: student centred; P: problem-based learning; I: integration; C: community based/hospital based; E: electives; and S: systematic apprenticeship based) model of medical curriculum was proposed by Harden, most medical schools worldwide have introduced curriculum changes toward a paradigm shift in teaching and learning. Walter Sisulu University (WSU) introduced such changes in 1992 when problem-based learning (PBL) was implemented in the medical school. This research assignment examines the level of horizontal integration within the WSU Bachelor of Medicine and Bachelor of Surgery (MBChB III) programme. The purpose of the study was to determine the students’ and tutors’ perceptions of integration in the curriculum. A cross-sectional descriptive survey was designed and piloted in 2009 and the questionnaire was then administered to MBChB III students who agreed to form part of the study. The tutors’ opinions on integration were also explored. A questionnaire on integration using a five-point Likert scale, was administered to both the students (12 questions) and the tutors (six questions). Six open-ended questions on integration were added to the students’ instrument and one to the tutors’ instrument, for qualitative analysis and to assist in triangulation. In addition, semi-structured interviews were conducted with the tutors individually. As a result of the survey, it seemed that all the students were “satisfied” or “very satisfied” with the level of integration of content and learning. All the tutors were aware of the need for integration, but some were not familiar with how the learning environment could be modified to enhance students’ approach to integration. MBChB III students at WSU highly valued the integration of learning and teaching during tutorials. Thirty-three per cent of the tutors, though, believed that integration increased their workload. All the tutors thought that integration facilitated students’ learning skills and promoted student engagement, learning and interaction with faculty.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Sedert Harden die SPICES-model as mediese kurrikulum voorgestel het, het die meeste mediese skole in die wêreld kurrikulumveranderings ingevoer as ʼn paradigmaskuif in onderrig en leer. (S – studentgesentreerde; P – problemgebaseerde leer; I – integrasie; C – gemeenskaps-/hospitaalgebaseer; E– keusevakke; en S – gebaseer op sistematiese vakleerlingskap.) Die Walter Sisulu-universiteit (WSU) het in 1992 sulke veranderings aangebring toe probleemgebaseerde leer (PBL) in die mediese skool geïmplementeer is. Hierdie navorsingswerkstuk ondersoek die mate van integrasie in die Baccalaureus in Geneeskunde-program en Baccalaureus in Chirurgie-program (MBChB III) aan die WSU verder as die PBL-tutoriale kan vorder. Die doel van die studie was om te bepaal wat studente en studieleiers se persepsies oor die integrasie van die kurrikulum is. ʼn Beskrywende deursnee-opname is in 2009 opgestel en ’n loodsstudie is gedoen. Die opname is weer gebruik met MBChB III-studente wat ingestem het om aan die studie deel te neem. Studieleiers se menings oor integrasie is ook ondersoek. ʼn Vraelys oor integrasie volgens 'n vyfpunt Likert-skaal, is aan die studente (12 vrae) sowel as die studieleiers (ses vrae) gestel. Ses oop vrae oor integrasie is by die studente se instrument gevoeg en een by die vraelys vir die studieleiers ter wille van kwalitatiewe ontleding en triangulasie. Daarbenewens is ʼn semigestruktureerde onderhoud met elke studieleier individueel gevoer. Na afloop van die toepassing en ontleding van die opname was al die studente “tevrede” of “baie tevrede” met die vlak van integrasie van leer, met begrip en met die vlak van integrasie van inhoud. Al die studieleiers was bewus van die behoefte aan integrasie, maar sommige was nie vertroud met hoe die leeromgewing aangepas kan word om die studente se benadering tot integrasie te bevorder nie. MBChB III-studente aan die WSU het 'n hoë waarde geheg aan die integrasie van leer en onderrig tydens tutoriale. Drie-en-dertig persent van die studieleiers het egter geglo dat integrasie hulle werkslading verhoog. Al die studieleiers was van mening dat integrasie die studente se leervaardighede fasiliteer en die studente se deelname, leer en interaksie met akademiese personeel bevorder.
Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2013.
Keywords
Medical education, Walter Sisulu University -- Curricula, Dissertations -- Health professions education, Theses -- Health professions education, Research assignment -- Health professions education
Citation