Die ontwikkeling van ‘n geletterdheidsintervensieprogram ter bevordering van woordeskat en leesbegrip by Xhosa-moedertaalsprekers in graad 4-6 Afrikaansmediumklasse

Basson, Magdalene (2013-03)

Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2013.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The increasing number of isiXhosa learners in Afrikaans medium schools gave rise to this investigation. According to our Constitution, all citizens have the right to receive education in one of the official languages. Some isiXhosa parents exercise their democratic right by enrolling their children in English- or Afrikaans-medium schools. They are of the opinion that the level of education is of a higher standard in these schools. Consequently, some isiXhosa learners in Afrikaans-medium schools develop barriers to learning due to the fact that they have little or no knowledge of Afrikaans. The purpose of this study was to develop a literacy intervention programme to improve the vocabulary and reading comprehension of isiXhosa mother tongue speakers in grade 4 to 6 Afrikaans-medium classes. Secondly, the aim of the study was to determine whether the literacy intervention programme would lead to the improvement of the Afrikaans vocabulary and reading comprehension of isiXhosa learners in grade 4 to 6 Afrikaans-medium classes. The research was conducted in a previously disenfranchised Afrikaans-medium school in Stellenbosch. The research methods employed comprised a literature review supported by an empirical investigation that included pre- and post-tests with learners, interviews with educators and the development and implementation of a literacy intervention programme. A mixed method research design was used, because quantitative data alone would have supplied inadequate answers to the research question. The theoretical basis of the study was Piaget’s theory of cognitive development, as well as Vygotsky’s social constructivist language acquisition theory. Both Piaget and Vygotsky emphasised the importance of social interactions in cognitive development. They regarded the development and use of vocabulary as an integral part of these interactions. Research indicates that the field of second language acquisition is multifaceted and is not supported by a singular theory. Three theories of second language acquisition were explored in this study. They are the communicative approach, shared reading and the schema theory. The role that the language-in-education policy, motivation and social economic status play in second language acquisition was also investigated. Another goal of the literature review was to collect data to develop a literacy intervention programme in which the above-mentioned theories of second language acquisition were utilised. The marsh at the school served as the context for the activities in the programme. Twenty isiXhosa mother tongue speakers in grade 4 to 6 Afrikaans-medium classes were subjected to an intervention programme over a period of six months to determine the success of the intervention programme. Data gathering included quantitative data (pre- and post-tests) as well as qualitative data (interviews with Afrikaans educators) to determine whether the learners’ vocabulary and reading comprehension had improved. The results of the study indicate that the implementation of the literacy intervention programme can lead to the improvement of the Afrikaans vocabulary and reading comprehension of isiXhosa mother tongue speakers in grade 4 tot 6 Afrikaans-medium classes. This is substantiated by previous research. The results also support findings that the Afrikaans vocabulary and reading comprehension of isiXhosa learners in the Afrikaans-medium intervention school can improve if the appropriate intervention is offered timeously.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie ondersoek is onderneem weens die toenemende getal Xhosa-moedertaalsprekers in Afrikaansmediumskole. Volgens die Grondwet het elkeen die reg om onderrig in enige van die amptelike tale te ontvang. Sommige Xhosasprekende ouers oefen hierdie reg uit deur hulle kinders in Afrikaansmediumskole te plaas. Hulle is van mening dat onderrig van 'n hoёr gehalte daar plaasvind. Gevolglik is daar 'n toename van leerders wat struikelblokke tot leer ondervind, omdat hulle min of geen begrip van Afrikaans het nie. Eerstens, is die fokus van hierdie studie die ontwikkeling van 'n geletterdheidsintervensieprogram om die Afrikaanse woordeskat en leesbegrip van graad 4 tot 6 Xhosa-moedertaalsprekers in 'n Afrikaansmediumskool te bevorder. Ten tweede is dit om te bepaal of die geletterdheidsintervensieprogram 'n verbetering in die woordeskat en leesbegrip van graad 4 tot 6 Xhosa-moedertaalsprekers tot gevolg gehad het. 'n Voorheen benadeelde Afrikaansmediumskool in die Stellenbosch-omgewing is deur die navorser gekies vir die implementering van die geletterdheidsintervensieprogram. Hierdie projek het 'n literatuurstudie ondersteun deur 'n empiriese ondersoek wat voor- en natoetse met leerders, onderhoude met onderwysers en die ontwerp en toepassing van 'n geletterdheidsintervensieprogram ingesluit het, behels. Daar is van 'n gemengde navorsingsontwerp gebruik gemaak, omdat die gebruik van slegs kwantitatiewe data onvoldoende antwoorde op die navorsingsvraag sou verskaf. 'n Literatuurondersoek is gedoen om 'n teoretiese grondslag vir die studie te verkry. Piaget se teorie van kognitiewe ontwikkeling en Vygotsky se sosiaal-konstruktivistiese taalverwerwingsteorie is gebruik om die verwerwing van 'n tweede taal te beskryf. Beide Piaget en Vygotsky het die belangrikheid van sosiale interaksies in kognitiewe ontwikkeling beklemtoon. Hulle het die ontwikkeling en gebruik van woordeskat as 'n integrale deel van hierdie interaksies beskou. Die studie dui daarop dat die aard van tweedetaalverwerwing kompleks is en nie deur 'n enkele teorie ondersteun kan word nie. Drie verskillende benaderings tot tweedetaalverwerwing, naamlik die kommunikatiewe benadering, gedeelde lees en die skema-teorie, is ondersoek. Die rol wat die taal-in-onderwysbeleid (TiOB), motivering en sosio-ekonomiese status in tweedetaalverwerwing speel, is ook ondersoek. 'n Verdere doel van die literatuurondersoek was om inligting te versamel om 'n geletterdheidsintervensieprogram te ontwerp waarin bogenoemde benaderings tot tweedetaalverwerwing gebruik is. Die vleiland by die skool het die konteks geskep waarbinne die onderskeie aktiwiteite beplan is. Die geletterdheids-intervensieprogram is vir ses maande in 'n klas met 20 graad 4 tot 6 Xhosa-moedertaalsprekers toegepas om die sukses daarvan te bepaal. Datagenerering het bestaan uit kwantitatiewe data (voor- en natoetse) asook kwalitatiewe data (onderhoude met die opvoeders wat Afrikaans onderrig) om vas te stel of die leerders se woordeskat en leesbegrip verbeter het al dan nie. Die resultate van hierdie studie toon dat die toepassing van die geletterdheidsintervensieprogram tot die verbetering van die Xhosa-moedertaalsprekers in graad 4 tot 6 Afrikaansmediumklasse se Afrikaanse woordeskat en leesbegrip kan lei. Dit stem ooreen met bevindinge van vorige navorsing, naamlik dat die verbetering van leerders se woordeskat tot die verbetering van leesbegrip lei. Verder ondersteun die resultate die bevindinge dat Xhosa-moedertaalsprekers in die Afrikaansmedium intervensieskool se Afrikaanse woordeskat en leesbegrip kan verbeter, mits hulle die nodige, gepaste ondersteuning betyds ontvang.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/79797
This item appears in the following collections: