Vertaalstrategiee in Where the heart is – a writer in Provence deur Marita van der Vyver : die Afrikaanse vroueskrywer in Frankryk vir die Engelse leser

Ferreira, Marelize (2012-12)

Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2012.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: This study investigates the manner in which Marita van der Vyver’s semi-autobiographic novel Die hart van ons huis – ’n skrywer in Provence has been translated. The question that arises is who the reader of Marita van der Vyver’s translated works is – the local South African or the international English reader? If the text was translated for the local English reader, will the text be translated as if it was written by a local English speaker and if the text was translated for an international reader, are the Afrikaans cultural elements in the novel neutralised, adapted or omitted in such a way that the text would be fluent and understandable for the international English reader? In the first chapter, Van der Vyver’s background as an author is discussed and the source text used in this study is contextualised. The problem statement, research questions, methodology, and course of this study are also discussed. The next chapter provides the theoretical background used as background of this study, namely the descriptive and functionalist translation theories where translation is generally viewed as a cultural activity. The translation approaches used are domestication and foreignisation. Chapters 3 and 4 both contain the empirical analysis of the source text. This analysis is done by using an adapted model of Lambert and Van Gorp on both macro- and micro-levels: larger aspects of the target text are explored on macro-level, such as the genre, title, overall translation approach and paratext while analysis on the micro-level deals with pragmatic, intercultural and text-specific translation problems. The techniques the translator applies to adequately deal with these translation problems are also investigated. It is concluded that the translator generally transfers the culturally specific French and Afrikaans terms from the source text and makes use of a generally foreignising approach in the target text. The translator stays loyal to the author of the source text but also shows loyalty towards the reader by domesticating the target text on a linguistic level and generally making the target text more understandable for the English speaker. It is shown throughout the text that it isn’t only the target text that is foreignising to targer readers, but that the source text would also be foreignising for an Afrikaans reader because of the French cultural elements that are strongly featured throughout the text

AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek die wyse waarop Marita van der Vyver se deels outobiografiese roman Die hart van ons huis – ’n skrywer in Provence vertaal is. Die vraag wat ontstaan, is wie die spesifieke Engelse leser van Van der Vyver se vertaalde werke is – is dit die plaaslike Suid-Afrikaanse, of die internasionale Engelse leser? Indien die teks vir ’n plaaslike Suid-Afrikaanse leser vertaal word, word die teks so vertaal asof dit deur ’n plaaslike Engelssprekende geskryf is en indien dit vir ’n internasionale leser vertaal word, word die Afrikaanse kulturele gegewens geneutraliseer, aangepas of weggelaat sodat die teks vlot en verstaanbaar vir die internasionale leser sal lees? In die eerste hoofstuk word Van der Vyver se agtergrond as skrywer bespreek en die bronteks wat in die studie aan bod kom, gekontekstualiseer. Die probleemstelling, navorsingsvrae, metodologie en verloop van die studie word ook bespreek. Die volgende hoofstuk verskaf die teoretiese agtergrond waarteen die studie geplaas word, naamlik die deskriptiewe en funksionalistiese vertaalteorieë waarbinne vertaling hoofsaaklik as ’n kulturele handeling beskou word. Die vertaalbenaderings wat hanteer word, is domestikering en vervreemding. Hoofstuk 3 en 4 bevat die empiriese ontleding van die doelteks – dit geskied aan die hand van ’n aangepaste Lambert en Van Gorp-model op sowel makro- as mikrovlak; op die makrovlak word groter aspekte van die teks soos die genre, titel, oorkoepelende vertaalbenadering en parateks ondersoek terwyl ontleding op mikrovlak die fyner aspekte van die doelteks onder die loep neem – hier word gekyk na pragmatiese, interkulturele en teksspesifieke vertaalprobleme en die wyse waarop die vertaler daarmee in die doelteks omgaan. Die gevolgtrekking is dat die vertaler die spesifieke Franse en Afrikaanse verwysings in die doelteks behou en van ’n hoofsaaklik vervreemdende vertaalstrategie gebruik maak deur eg Afrikaanse en Franse kulturele aspekte in die doelteks te behou. Die vertaler bly deurlopend lojaal aan die outeur van die bronteks, maar toon ook lojaliteit teenoor die doelteksleser deurdat sy linguisties domestikeer en die teks sodoende meer verstaanbaar vir die doelteksleser maak. Daar word ook deurgaans aangetoon dat nie net die doelteks vervreemdend is vir die doeltekslesers nie, maar dat die bronteks reeds vervreemdend is ook vir die brontekslesers deur die Franse kultuur wat so sterk aan bod kom.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/71925
This item appears in the following collections: