Plaaswaardasies : teorie en praktyk in Suid-Afrika

Date
1990
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: As with all sciences, appraising is a field of study which calls for well-founded scientific principles and methods . Value is, in general, the result of human thought processes. To be able to make a systematic analysis of value, an appraiser must have at his disposal a thorough knowledge of the various appraising theories and all the external factors that can influence it. The primary aim of an appraisal is to determine the market value of property; this must be completed first, regardless of the requirements of the client. When appraising farms, the theory of appraisal methods will be the same as for other tipes of property, but will take on numerous other dimensions in practice. The biggest investment a farmer makes in his lifetime is in the value of his ground. it is therefore essential that this value be determined correctly according to definite and acceptable criteria. This is also why the person who is to allocate a value to a farm needs to master the theory of the various appraisal methods and their practical applications. In South Africa a vast difference exists between the theory and practice of farm appraisals - reasons for this have been postulated in this study. Appraisers in South Africa must increasingly strive to improve their academic mechanisms and training. It is unfortunate that appraisers in South Africa have been busy with appraisals of farms for so many decades and as yet no real attempt has been made to narrow the gap between theory and practice. An attempt must be made to educate such appraisers. This study is an attempt to provide guidelines for such a process of education, to determine the value of farms on a more scientific basis and to bring theory and practice in line.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Soos die geval by alle vakwetenskappe is. verg die vakgebied van waardebepaling grondige wetenskaplike beginsels en metodes. Waarde is in die algemeen die resultaat van menslike denkprosesse. Om 'n objektiewe, sistematiese ontleding van waarde te kan maak, moet 'n waardeerder oor grondige kennis beskik van die verskillende waardeteorie en al die eksterne invloede wat waarde kan beinvloed. Die primere doel van 'n waardasie is om die markwaarde van eiendom te bepaal en dit moet, ongeag die klient se behoefte altyd eerste gedoen word. By die waardasie van plase bly die teorie van waardasiemetodes dieselfde as by ander tipe eiendomme, maar prakties neem dit veelvuldige dimensies aan. Omdat die grootste investering wat die boer in sy leeftyd sal maak in die waarde van die grond opgesluit is, is dit noodsaaklik dat hierdie waarde korrek volgens definitiewe en aanvaarde maatstawwe bepaal sal word. Dit is ook hoekom die persoon wat die waarde aan 'n plaas gaan toeken, in volle beheer moet wees van die teorie van die verskillende waardasiemetodes en die praktiese toepassing daarvan. In Suid-Afrika bestaan daar 'n gaping tussen die teorie en praktyk van plaaswaardasies - waarvoor daar redes in die studie gegee word. Waardeerders in die Republiek van Suid-Afrika moet toenemend streef om akademiese toerusting en opleiding te verbeter. Dit is 'n bejammerenswaardige posisie dat waardeerders in Suid-Afrika al soveel dekades besig is met plaaswaardasies en daar nog nie 'n daadwerklike poging aangewend is om die gaping tussen teorie en praktyk te verklein nie. 'n Poging moet aangewend word om waardeerders op te voed om plase te waardeer en daar moet 'n opregte poging wees om die waardasieprofessie as 'n wetenskap te ontwikkel en te vestig. Hierdie studie is 'n poging om waardebepaling van plase op wetenskaplike gronde te baseer en om te riglyne te verskaf om teorie en praktyk te versoen.
Description
Werkstuk (M. Com.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1990.
Keywords
Farms -- Valuation -- South Africa, Dissertations -- Business economics
Citation