Die Kleurling probleemgesin : 'n studie van dertig Kleurling gesinne in die landdrosdistrikte van Paarl en Wellington

Date
1966
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: As proefbeampte in diens van die Departement Volkswelsyn en Pensioene, het dit in die daaglikse kontak met Kleurlinggesinne geblyk dat daar -n sekere groep kliente onder aandag is wat opgrond van die aard, omvang en intensiteit van die probleme wat hulle ondervind aanmerklik verskil van die 11normale" Kleurling klient. Die maatskaplike werker het hier te doen met ·n groep kliente wat oor jare en selfs geslagte lank hulp van maatskaplike werk instellings ontvang, sonder aanduidings dat hulle enigsins positief op behandeling reageer en sodoende in die kategorie 11probleemgesinne" geklassifiseer word. Heel dikwels is die gesinne dan ook nie alleen vir hulleself en vir die gemeenskap tot las nie, maar word hulle oo~ deur die maatskaplike werker as onrehabiliteerbaar opsy geskuif. In die normale gevalledrag van elke werker is daar soveel gesinne wat met net soveel reg op hulp aanspraak maak, wel gewillig is om bystand en hulp te aanvaar en positief op behandeling reageer, dat die sogenaamde probleemgesinne noodgedwonge opsy geskuif word veral van wee die tydsaspek.
Description
Proefskrif (M.A.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1966.
Keywords
Dysfunctional families -- South Africa -- Cape of Good Hope, Colored people (South Africa) -- South Africa -- Cape of Good Hope -- Social conditions, Dissertations -- Sociology, UCTD
Citation