Tradisie en vernuwing in die Afrikaanse verhalende prosa

Date
1965-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie hoofstuk is 'n inleiding tot die vasstelling van die eksperimentele en die vernuwende elemente in die Afrikaanse verhalende prosa. Dit wil 'n besinning wees oor die begrippe wat gewoonlik in 'n bespreking van di onder­ werp voorkom. Die betekenis van die begrip 11tradisie11 in die letterkunde is onvas en die gebruik verskil van kritikus tot kritikus. Afdeling A behandel die betekenisvariasies van di term in die kritiek. In afdeling B word die skrywer se verhouding tot die tradisie verduidelik. Hy vervul, soos in afdeling C uiteengesit, 'n middelaarsposisie tussen die tradisie en die kunswerk. Die aard van die kunswerk word in afdeling D beskryf. Vanwee die voortdurende verandering van die skrywer se werklikheidsbeeld, teweeggebring, soos in afdeling E getoon, deur generasiew,isseling, verskuiwing van die bewussynsinhoud en literere beinvloeding, word die kuns­ werk tematies, stilisties en struktureel aangepas.
ENGLISH ABSTRACT: No abstract available
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 1965.
Keywords
Afrikaans prose literature -- History and criticism, Afrikaans literature -- History and criticism, Characters and characteristics in literature
Citation