Biblical Hebrew lexicology and cognitive semantics : a study of lexemes of affection

Bosman, Tiana (Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2011-03)

Thesis (PhD (Ancient Studies))--University of Stellenbosch, 2011.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: In this study the conceptualization of love or affecion in the Old Testament is investigated. The most prototypical Biblical Hebrew lexeme for affection, namely אהב , forms the focus of the study. It is hypothesized that the analysis of אהב in terms of its valency and the conceptual frames associated with each of its valency patterns will contribute to a more informative lexicographical description of אהב . Since אהב forms part of a much larger semantic field of lexemes that can convey the attitude of affection, it is neccessary to study these lexemes as well. While the first chapter introduces the topic under investigation, i.e. a study of lexemes of affection, the second chapter aims at demarcating the list of lexemes of affection that needs to be considered. This list amounts to fifteen lexemes in total; fourteen of which can belong to the domain of affection, and one antonym. In Chapter 3 the methodology of the current study is explained. The researcher advocates a Cognitive Linguistic approach. Renier de Blois employed Cognitive Linguistics for his model which is aimed towards compiling the Semantic Dictionary of Biblical Hebrew. While his model is used as starting point in the present study, some more areas of Cognitive Linguistics are identified that could assist us to refine the model of De Blois. These areas include prototype theory, semantic potential, the notion of radial networks, as well as conceptual frames. Chapter 4 consists of a detailed study of אהב in all its occurrences in the Old Testament, while the remainder of the lexemes of affection as well as its antonym are studied in Chapter 5. In the concluding chapter, Chapter 6, an exposition of the findings is given. This thesis ends with a concise summary of אהב in which all conceptual frames and scripture references where the אהב appear are given. This is followed by a schematic presentation of the lexemes of affection as they occur in relation to the prototypical sense(s) of אהב.

AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie word die konseptualisering van liefde of affeksie in die Ou Testament ondersoek. Die mees prototipiese Bybels-Hebreeuse lekseem vir affeksie, naamlik אהב , is die fokus van die studie. Dit word veronderstel dat die analise van אהב in terme van die lekseem se valensie en die konseptuele raamwerke wat met die valensie patrone geassosieer word, sal bydra tot „n meer informatiewe leksikografiese beskrywing van אהב . Aangesien אהב deel vorm van „n veel groter semantiese veld van lekseme wat die houding van affeksie beskryf, is dit nodig dat hierdie lekseme ook bestudeer word. Terwyl die eerste hoofstuk die tema van die huidige ondersoek inlei, naamlik die bestudering van lekseme van affeksie in die Bybels-Hebreeuse teks, is die tweede hoofstuk daarop gerig om die lys van lekseme van affeksie vir die ondersoek af te baken. Hiedie lys bestaan uit vyftien lekseme altesaam; veertien lekseme wat deel uitmaak van die domein van affeksie, en een antoniem. In Hoofstuk 3 word die metodologie van die huidige studie uiteengesit. Die navorser staan „n Kognitiewe Linguistiese benadering voor. Renier de Blois het Kognitiewe Linguistiek aangewend vir sy model wat daarop gerig is om die Semantic Dictionary for Biblical Hebrew saam te stel. Alhoewel sy model as beginpunt vir die huidige studie gebruik word, is daar sommige areas binne die veld van Kognitiewe Linguistiek wat aangewend sou kon word om De Blois se model te verfyn. Hierdie areas sluit prototipe teorie, semantiese potensiaal, die idee van straalvormige netwerke, asook konseptuele raamwerke in. Hoofstuk 4 bestaan uit „n gedetailleerde studie van אהב in al sy voorkomste in die Ou Testament, terwyl die res van die lekseme van affeksie sowel as die antoniem in Hoofstuk 5 bestudeer word. In die slot hoofstuk, Hoofstuk 6, is daar „n uiteensetting van die bevindinge. Die tesis eindig met „n kort opsomming van אהב waarin al die konseptuele raamwerke en skrifverwysings waarbinne אהב voorkom, gegee word. Daarna volg „n skematiese voorstelling van die lekseme van affeksie na aanleiding van hul voorkomste in verhouding tot die prototipiese betekenis(se) van אהב.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/6754
This item appears in the following collections: