Oxygen and sulphur dioxide additions to Sauvignon blanc : effect on must and wine composition
Date
2011-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Sauvignon blanc wines have become increasingly popular in South Africa as it is a cultivar that can be
easily manipulated in the vineyard and cellar to produce a range of wine styles. These wines are usually
given aroma descriptors such as green pepper, grassy and asparagus; while other more tropical aromas
include passion fruit and guava. These aromas are thought to be mainly caused by methoxypyrazines
and volatile thiols. These compounds are known to be character impacting compounds of Sauvignon
blanc and are present in the grapes in the aromatic form (methoxypyrazines) or as nonāaromatic
precursors (thiols) that can be released by the yeast during fermentation. Other aroma compounds such
as esters, higher alcohols, fatty acids and monoterpenes are compounds that could potentially influence
the aroma bouquet of a wine significantly. These aroma compounds exist either as precursors in the
grapes (monoterpenes) or arise due to yeast metabolism during fermentation (esters, higher alcohols,
fatty acids) and often display fruity, floral and pleasant aromas.
In the cellar, winemaking practices can be manipulated to a certain extent to achieve the desired wine
style. Winemaking tools such as temperature, skin contact, pressing conditions, oxygen (O2), sulphur
dioxide (SO2) and yeast strain are only a few factors influencing the outcome of a wine. In general, South
African winemakers maintain a very reductive environment during Sauvignon blanc wine production by
using inert gasses, thereby causing the production costs to increase. There is sufficient evidence to
support the reductive handling of white wine, however there seems to be a lack of information as to
why the must should be treated reductively before fermentation. The over all goal of this study was thus
to investigate the effect of different O2 and SO2 additions to Sauvignon blanc must before settling,
specifically focussing on the typical aroma compounds often found in these wines.
Chapter 2 gives an overview of the oxidation reactions occurring in must (enzymatic oxidation) and wine
(chemical oxidation). This chapter also reports the origin of the specific Sauvignon blanc aroma
compounds and their reaction to different must and wine treatments with a focus on oxidation. Chapter
3 reports research results focussing on the effect of the different must treatments on the character
impacting compounds of Sauvignon blanc wines, specifically the methoxypyrazines and the volatile
thiols. The effect of the treatments on the polyphenols and glutathione content in the must and wine
was also investigated. Oxidation in the absence of SO2 led to a decrease in glutathione and certain
phenolic compounds in the must. In general, volatile thiols were protected against oxidation by SO2,
even when O2 was present in the must. Methoxypyrazines concentrations were not significantly
influenced by the treatments. Chapter 4 elucidates the effect of the treatments on other yeast and
grape derived aroma compounds often found in Sauvignon blanc wines, such as the esters, higher
alcohols, fatty acids and monoterpenes. In general, the effect of SO2 seemed to have the greatest
influence on the produced aroma compounds.
The results reported in this thesis could possibly change the way South African Sauvignon blanc musts
are handled in future during the winemaking process. It is clear that O2 and SO2 management in the
cellar is of critical importance for the winemaker to produce wines of high quality. Future work is
important to fully understand the mechanisms and evolution of important aroma compounds of
Sauvignon blanc wines during the winemaking process.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Sauvignon blanc wyn aroma word gewoonlik beskryf met terme soos groen rissie, grasagtig en aspersie terwyl ander tropiese aromas soos grenadella en koejawel ook dikwels voorkom. Die manipulasie van Sauvignon blanc in die wingerd en in die kelder tydens wynmaak, gee die wynprodusent die vryheid om ān wye reeks wyn style te produseer. Dit maak Sauvignon blanc baie populĆŖr in die SuidāAfrikaanse wynindustrie. Die bogenoemde aromas word waargeneem in die wyn as gevolg van die teenwoordigheid van sekere aroma komponente genaamd metoksipirasiene en vlugtige tiole. Hierdie komponente lewer ān unieke bydrae tot die aroma samestelling van Sauvignon blanc wyne en kom voor in die druiwe in die aromatiese vorm (metoksipirasiene) of as nieāaromatiese voorlopers (tiole) wat tydens alkoholiese fermentasie deur die gis vrygestel kan word. Komponente soos esters, hoĆ«r alkohole, vetsure en monoterpene kan ook ān potensiĆ«le bydra lewer tot die algehele aroma van Sauvignon blanc wyne en kom voor in die druiwe (monoterpene) of ontstaan as gevolg van gis metabolisme gedurende alkoholiese fermentasie (esters, hoĆ«r alkohole, vetsure). Hierdie geur komponente word dikwels beskryf as vrugtig, blomagtig en oor die algemeen aangenaam. Tydens wynmaak kan die wyn tot ān mate gemanipuleer word om ān spesifieke wynstyl te bekom. Hulpmiddels soos temperatuur, dopkontak, pers omstandighede, suurstof (O2), swawel dioksied (SO2) en gisras is slegs ān paar faktore wat die algemene uitkoms van ān wyn kan beĆÆnvloed. Oor die algemeen word Sauvignon blanc in SuidāAfrika baie reduktief behandel tydens wynbereiding. Dit vereis sekere hulpmiddels, soos die gebruik van inerte gas, wat die produksiekoste dikwels verhoog. Navorsing ondersteun die reduktiewe behandeling van wit wyn, maar dit wil voorkom asof daar ān tekort aan navorsing is wat die reduktiewe behandeling van die sap voor fermentasie regverdig. Die algemene doel van die studie is dus om die effek van verskillende O2 en SO2 byvoegings tot Sauvignon blanc sap (voor afsak) te ondersoek met die fokus op die tipiese aroma komponente wat in die wyn voorkom. Hoofstuk 2 lewer ān algemene oorsig van die tipes oksidasie reaksies wat voorkom in sap (ensiematiese oksidasie) en wyn (chemiese oksidasie). Spesifieke Sauvignon blanc aroma komponente word ook ondersoek in terme van die oorsprong van die komponente asook die reaksie wat plaasvind met verskillende mos en wyn behandelings, met ān fokus op oksidasie. In hoofstuk 3 word die effek van die verskillende mos behandelings op tipiese Sauvignon blanc aroma komponente, spesifiek metoksipirasiene en vlugtige tiole, ondersoek. Die effek van die behandelings op die polifenole en glutatioon inhoud in die mos en wyn word ook gerapporteer. Oksidasie van die sap in die afwesigheid van SO2, het ān afname in glutatioon en sekere polifenol konsentrasies veroorsaak. Dit wil voorkom asof die produksie van vlugtige tiole oor die algemeen beskerm word teen oksidasie indien daar genoegsame SO2 teenwoordig is. Hierdie effek word ondervind selfs as die sap met suursof versadig word. Die effek van die behandelings op die konsentrasies van metoksipirasiene was nie beduidend nie. Hoofstuk 4 rapporteer die effek van die behandelings op ander aroma komponente soos esters, hoĆ«r alkohole, vetsure en monoterpene. Oor die algemeen wil dit voorkom asof die effek van SO2 beduidend was en waarskynlik die grootste invloed op die produksie van hierdie aroma komponente het. Na aanleiding van die resultate bevind in hierdie tesis, is daar ān moontlikheid dat die manier waarop Sauvignon blanc wyne geproduseer word in SuidāAfrika, moontlik kan verander in die toekoms. Vir die wynmaker om hoĆ« kwaliteit Sauvignon blanc wyne te produseer, is O2 en SO2 bestuur in die kelder van kardinale belang. Verdere navorsing moet steeds gedoen word om die meganisme en evolusie van belangrike aroma komponente in Sauvignon blanc wyne tydens die wynmaakproses, ten volle te verstaan.

Description
Thesis (MScAgric (Viticulture and Oenology))--University of Stellenbosch, 2011.
Includes bibliogaphy.
Includes bibliogaphy.
Keywords
Sauvignon blanc, Wine -- Aroma, Oxidation, Volatile thiols, Dissertations -- Viticulture and oenology, Theses -- Viticulture and oenology, Dissertations -- Agriculture, Theses -- Agriculture, Wine and wine making, Wine manipulation, Methoxypyrazines, Sulphur dioxide