Die invloed van swart werkers se houding teenoor byvoordele op werkstevredenheid

Date
1990
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
The black worker renders his most important contribution to the development of the South African economy through his labour. Currently there is considerable interest in research concerning the role of the worker in the organisation, particularly in the areas of remuneration and labour relations. Since there is still largely a lack of knowledge about the perceptions of black workers of fringe benefits in relation to job satisfaction, the need exists for further research in this regard. This study deals with the influence of the attitude of black workers towards fringe benefits on job satisfaction. In addition to this, the perception of white workers towards the fringe benefits of black workers was researched. Possible differences that could exist between various ages, terms of service and salary groups regarding attitude towards fringe benefits also received attention. The instrument used to measure job satisfaction, is the "general job satisfaction" component of the JDS (“Job Diagnostic Survey") (Hackman and Oldham, 1974). A questionnaire was developed to determine attitudes towards fringe benefits. The questionnaires were completed by means of interviewing each of 214 workers in a manufacturing company and 230 workers in a municipality.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die swart werkers lewer sy belangrikste bydra tot die ontwikkeling van die ekonomie in Suid-Afrika in die arbeid wat hy lewer. Daar is tans heelwat belangstelling in navorsing oor die swart werker se rol in organisasies, veral betreffende aspekte van vergoeding en arbeidsbetrekkinge. Aangesien daar nog grotendeels ‘n gebrek aan kennis oor die persepsie van swart werkers oor byvoordele en die verband met werkstevredenheid bestaan, is daar ‘n besliste behoefte aan verdere navorsing op hierdie gebied. In hierdie studie is die invloed van swart werkers se houding teenoor byvoordele op werkstevredenheid, asook die persepsie van blanke werkers ten opsigte van swart werkers se byvoordele, ondersoek. Moontlike verskille tussen verskillende ouderdoms-, diensjaar- en salarisgroepe van swart werkers ten opsigte van byvoordele, het ook aandag geniet. In hierdie ondersoek is werkstevredenheid met die JDS ("Job Diagnostic Survey") se gedeelte van "algemene werkstevredenheid" (Hackman en Oldham, 1974) gemeet. ‘n Vraelys oor byvoordele is ontwikkel om die houding teenoor byvoordele vas te stel. Hierdie vraelyste is met behulp van onderhoude deur 214 werkers in ‘n vervaardigingsonderneming en 230 werkers in ‘n munisipaliteit voltooi.
Description
Proefskrif (M. Econ.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1990.
Keywords
Job satisfaction, Employee fringe benefits, Working class -- Attitudes, Blacks -- Attitudes, Dissertations -- Industrial psychology
Citation
Collections