An unmanned aircraft system for maritime search and rescue

Meredith, Andre Paul (2011-03)

Thesis (MScEng (Electrical and Electronic Engineering))--University of Stellenbosch, 2011.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Search and Rescue is an essential service provided by States and Militaries to search for, locate and rescue survivors of accidents and incidents. Civil Search and Rescue utilizes a system of well-trained professionals or volunteers, an effective Search and Rescue organization, supported by industry and other providers of infrastructure and assets. The service is rendered to save the lives of civilian individuals in imminent danger of losing their lives. Military (Combat) Search and Rescue is provided by militaries to save the lives of military practitioners in a similar predicament. In addition, Search and Rescue is performed over land and over the sea. All forms of Search and Rescue rely on capable, specialized assets for efficiency en affectivity. Assets are specified and chosen on the grounds of various factors, amongst others operating environment, operational profile, performance and special abilities. This thesis has determined the need for a Search and Rescue asset, capable of performing effective and efficient Search and Rescue over the entire national maritime Search and Rescue Region, up to the Region extremities. An analysis was performed to prove this deficit, and quantify the key performance and special equipment requirements for such an asset. An analysis was also performed which proves that an Unmanned Aircraft System should be an ideal choice to meet this need. Finally, an Unmanned Aircraft System concept was specified that could potentially meet this need.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Soek en Redding is ‘n essentiële diens wat deur State en militêre organisasies gebied word om oorlewendes van ongelukke en insidente te soek, op te spoor en na veiligheid te bring. Siviele Soek en Redding maak gebruik van ‘n stelsel van goedopgeleide professionele persone, sowel as vrywilligers, asook ‘n effektiewe Soek en Reddingsorganisasie, ondersteun deur die industrie en ander voorsieners van infrastruktuur en toerusting. Derglike dienste word daargestel om die lewens van siviele persone, wie se lewens in gevaar is, te red. Militêre Soek en Redding word deur militêre organisasies daargetel om die lewens van militêre persone, wie in gevaar is, te red. Soek en Redding word oor land sowel as oor die see uitgevoer. Alle vorms van Soek en Redding maak staat op die beskikbaarheid van gespesialiseerde toerusting met gespesialiseerde gebruiksaanwending, vir maksimale effektiwiteit en doeltreffendheid. Toerusting word gekies op grond van verskeie faktore, onder meer die gebruiksomgewing, operasionele profiele, verlangde prestasie en spesiale vermoëns. Hierdie tesis het die behoefte aan ‘n gespesialiseerde Soek en Redding platform, wat die vermoë het om effektiewe en doeltreffende Soek en Redding uit te voer oor die hele nationale Soek en Redding Gebied, tot en met die ekstreme daarvan, vasgestel. ‘n Analise is uitgevoer om hierdie tekortkoming uit te wys, asook om die sleutel prestasie- en gespesialiseerde toerustingbehoeftes vir so ‘n platform te kwantifiseer. ‘n Verdere analise is uitgevoer om te bewys dat ‘n Onbemande Vliegtuig die beste opsie sou wees vir ‘n platform om aan hierdie behoeftes te voldoen. Ten slotte is ‘n konsep vir ‘n Onbemande Vliegtuig Stelsel voorgetsel wat potensieël hierdie behoefte sou kon vervul.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/6720
This item appears in the following collections: