Die mensbeeld in die werke van Andrew Murray, Jessie Penn-Lewis en Watchman Nee

Date
1989
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die woorde "gees en siel en liggaam" het my van jongs af gefassineer. Vir jare het ek gewonder wat dit beteken. Dit was asof iets jy vir my gese het dat as 'n mens sou kon uitvind wat presies hier diep binne-in hom is, hy ook sal weet hoe God deur sy Heilige Gees in hom werk. Sodoende sal hy des te beter na sy stem kan luister en Hom kan volg. Gedurende my kategetiese onderrig het ek meermale na die betekenis van die woorde gees, siel en liggaam gevra. My vrae is egter nooit regtig beantwoord nie. Op universiteit het die bestudering van verskillende wysgere se standpunte ook nie vir my veel lig op die saak gewerp nie. Gedurende die bestudering van die eksistensialisme was die uiteensetting van die mensbeeld fassinerend. Na 'n tyd het dit egter duidelik geblyk dat die eintlike vrae waaroor dit gaan, nie beantwoord was nie. Die grond waarin die eksistensialisme gewortel is, veroorsaak dat die boom net nie kan bot nie. Die feit dat dit ontstaan het uit die filosofiese dampkring van die ateistiese evolusionisme het my laat besef tot watter vlak van selfkennis die mens wel kragtens die algemene openbaring in staat is. Dit bly egter bloot menslike pogings om die skepping van God te deurvors.   Die Here Jesus se te duidelik dat sy skape Hom volg, omdat hulle sy stem ken. Dit was vir my duidelik dat die eksistensialisme as sodanig die mens nie help om God beter te leer ken nie. Iets wat my aangemoedig het om steeds te bly soek, was Calvyn se bekende uitspraak: "we cannot clearly and properly know God unless the knowledge of ourselves be added" (INST. I, 15). Later het dit geblyk dat daar boeke is waarin al die antwoorde gevind sal word. Ek kon dit nie gou genoeg bekom nie. Hans Walter Wolf se Antropologie des Alten Testaments, dr. G. C. Berkouwer se De mens het beeld Gods en Karl Barth se De Kirchliche Dogmatik is bestudeer. Al wat ek hieruit kon wys word, is dat die mens een groot geheimenis is wat as 'n eenheid in verhouding tot God, sy medemens en die kosmos eksisteer. Hierdie mens-as-eenheid eksisteer wel in verskillende aspekte van die eenheid. 'n Mens kan ongelukkig niks meer van enige aspek van die geheel se as dat dit 'n blik op die geheel uit 'n sekere oogpunt is nie. Die Here Jesus se duidelik dat uit die binneste van die wat in Hom glo, daar strome van lewende water sal vloei. Ek het bly dors na leermeesters uit wie se werke ek iets van hierdie strome van lewende waters kon geniet. Jessie Penn-Lewis se werkie Soul and spirit het in my hande gekom. Met die lees daarvan het die lig skielik deurgebreek. Sy verwys daarin na dr. Andrew Murray se werk Die gees van Christus. Die lees daarvan het vir myself werelde waarvan ek niks geweet het nie, ontsluit. Daarna het Watchman Nee se werk The spiritual man nog meer lig laat deurbreek. Ek kon nie glo dat die ding so eenvoudig is, maar dat so min mense daarvan weet nie. Gou het ek en my vrou die vrug in andere se lewens gesien, wanneer hulle ook van hierdie werke gelees het .
ENGLISH ABSTRACT: No abstract
Description
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 1989.
Keywords
Murray, Andrew, 1828-1917, Nee, Watchman, 1903-1972, Penn-Lewis, Jessie, 1861-1927, Theological anthropology -- Christianity
Citation