The mark of a silent language : the way the body-mind draws

Gunter, Elizabeth (Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2011-03)

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The thesis deals with the notion that individuation in drawing provides visible evidence of experiential cognition as embodied action. It asserts that trait as enaction signifies constructive and inventive processes that involve the body-mind. Trait emerges as nonrepresentationist, non-expressive component of drawing that marks the pre-conceptual as conceptual. Therefore, drawing functions as a complex interface between drafter and world that unifies antimonies such as inside and outside; convention and invention; remoteness and intimacy; body and mind; and subject and object. The thesis outlines drawing as a self-reflexive research process that constructs and invents. An understanding of trait as invention, the thesis proposes, can aid the drawing facilitator at higher education level to develop individual student drafters’ creativity. The thesis therefore argues for a form of drawing facilitation that is responsive to the complex interaction between the self and the world. Responsive mediation develops and celebrates diversity in socio-cultural heritage, personal history, and individual differences.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die idee dat verpersoonlikte trekke in tekenkuns sigbare aanduiding van enaktiewe vergestalting van kognisie is, vorm die onderwerp van hierdie tesis. Die tesis stel dit dat vergestaltende ervaringskognisie, as die tekenaar se ervaringsbetrokkenheid, geïndividueerde begrip, vaardigheid, sintese en betekenisvorming moontlik maak en ontwikkel. Verpersoonlikte trekke in tekenkuns blyk van non-representatiewe en non-ekspressiewe oorsprong te wees aldaar dit die prekonseptuele as die konseptuele merk. Dit ondersteun die gedagte dat tekenkuns as ’n komplekse koppelvlak tussen tekenaar en omwêreld funksioneer. As koppelvlak word die tekenkuns verwesenlik as ’n sigbare samevloeiing van dualiteite soos binne en buite, die gewone en verdigting, afstand en intimiteit, subjek en objek, liggaam en gees. Ingevolge ’n enaktiewe beskouing van die tekenkuns kan die tekenhandeling beskryf word as ’n selfrefleksiewe navorsingsproses wat kreatiwiteit ondersteun. Sodanige beskouing van die tekenkuns, lui die argument, kan die fasiliteerder op ’n hoër onderwysvlak help om individuele tekenstudente se kreatiwiteit te bevorder. Daaruit vloei die voorstel vir ’n vorm van fasilitering wat gevoelig is vir die ingewikkelde interaksie tussen die self en die omgewing. ’n Vorm van mediasie wat dit in ag neem, skep nie alleen ruimte vir diversiteit wat betref sosio-kulturele herkoms, persoonlike geskiedenis en individuele verskille nie, maar ontwikkel en vier ook dié soort diversiteit.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/6656
This item appears in the following collections: