Control of surfaces in confined spaces : Tab-aileron control system development

Rupert, Francois Johannes (2011-03)

Thesis (MScEng (Electrical and Electronic Engineering))--University of Stellenbosch, 2011.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: This thesis forms part of the Control Surfaces in Confined Spaces (CoSICS) project conducted at Stellenbosch University. The aim of this project is reduction of control surface actuator footprints on the existing wing structures of commercial airliners such as the Airbus A320 and A330. This is achieved by reducing control surface hinge moments through the application of trailing edge tabs. This results in smaller actuator requirements. The first tier of the project focussed on the geometric optimisation of the tab applied to an aileron. This thesis focusses on the development of dynamic control of the aileron through either tab-only or concurrent tab and aileron actuation. In the effort to develop dynamic control, a fully coupled generalised dynamic model of the tab and aileron is derived and presented. Through linearisation of this model, linear controllers are developed. Two distinctly different controllers are presented; the first controller makes use of classical methods for control of the tab-only actuated aileron and the second controller makes use of modern control techniques such as full state feedback to facilitate controlled concurrent tab and aileron actuation. Each proposed controller is evaluated in terms of dynamic performance, robustness, disturbance rejection and noise immunity. Based on the controller development, a summary of dynamic actuator requirements is given. Practical verification of the model and the controller performance is then undertaken. The development of the necessary hardware and software is also presented. The concept of aileron control through tab-only actuation and concurrent tab and aileron actuation is then validated. Conclusion are then drawn about the accuracy of the theoretical model and the practical performance of the controllers. The thesis is concluded with recommendations for future work to increase the fidelity of the model. Important aspects about the practical implementation of the concept on commercial jetliners are also summarised.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis is deel van die Control Surfaces in Confined Spaces1 projek by Stellenbosch Universiteit. Die doel van hierdie projek behels die verkleining van die aktueerder spasie en ondersteunings struktuur vereistes, op die bestaande vlerk struktuur van kommersiële vliegtuie soos die Airbus A320 en Airbus A330. Dit is bereik deur die vermindering van die beheeroppervlak skarnier se draaimoment met behulp van aerodinamiese hulpvlakke. Kleiner aktueerders word dus benodig. Die eerste stadium van die projek fokus op die geometriese optimisering van die hulpvlak op ’n aileron. Hierdie tesis fokus op die ontwikkeling van dinamiese beheer van die aileron deur middel van hulpvlak aktueering alleenlik of met die gelyktydige aktueering van die hulpvlak en aileron. In die proses van onwikkeling is ’n volgekoppelde veralgemeende dinamiese model van die hulpvlak en aileron afgelei en voorgelê. Deur middel van linearisasie van die model is linieêre beheerders ontwikkel. Tans is twee verskillende beheerders ontwikkel. Die eerste beheerder is gebaseer op die klassieke metodes en maak staat op die aktueering van die hulpvlak alleenlik. Die tweede beheerder maak gebruik van moderne beheer tegnieke soos vol toestand terugvoer om gelyktydige hulpvlak en aileron aktueering te realiseer. Die beheerders is elk geëvalueer in terme van dinamiese gedrag, robuustheid, versteurings verwerping en ruis verwerping. Die beheerstelsel ontwikkeling lei tot ’n opsomming van die dinamiese aktueerder vereistes. Dit word gevolg deur praktiese verifikasie van die model en die beheerstelsel gedrag. ’n Opsomming van die ontwikkeling van nodige hardeware en sagteware word voorgelê. In hierdie proses is die konsep van beide hulpvlak alleenlike aktueering en gelyktydige hulpvlak en aileron aktueering bewys. Gevolgtrekkings word gemaak oor die akkuraatheid van die model en die praktiese gedrag van die beheerders. Die tesis word afgerond met voorstelle vir toekomstige werk wat die model se betroubaarheid kan verbeter. Verder word belangrike punte oor die praktiese aspekte van konsep implementering op kommersiële vliegtuie ook uitgelig.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/6605
This item appears in the following collections: