Die verband tussen nikotien-inname, kortikale geaktiveerdheid en ekstraversie by rokers

Date
1987-03
Authors
Swart, David
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: 'n Groep ligte rokers en 'n groep strawwe rokers is met mekaar vergelyk ten opsigte van die effek van nikotien-inname op kortikale geaktieerdheid in 'n spanningsituasie en in 'n ontspanningsituasie, beide sander deprivasie van nikotien en nadat hulle daarvan gedepriveer is. Die groepe is ook met hulle onderskeie kontrolegroepe ( geen nikotien-inname tydens die eksperimentele sessie) ten opsigte van kortikale geaktiveerdheid vergelyk. Voorts is daar bepaal of daar 'n verband tussen ekstraversie, neurotisisme, kartikale geaktiveerdheid en getal sigarette gerook by die verskillende groepe rokers bestaan het. Resultate het daarop gedui dat ligte rokers deur 'n lae mate van kortikale geaktiveerdheid en strawwe rokers deur 'n hoe mate van kortikale geaktiveerdheid gekenmerk word en dat ligte rokers waarskynlik vir die stimulerende effek van nikotien rook. Geen beduidende stimulering was by die strawwe rokers te bespeur nie. Daar is 'n beduidende positiewe verband tussen getal sigarette per dag gerook en ekstraversie by die strawwe rokers wat minder as dertig sigarette per dag gerook het gevind.
Description
Thesis (PhD)- Stellenbosch University, 1987.
Keywords
Smoking -- Psychological aspects, Nicotine -- Psychological aspects, Extraversion, Dissertations -- Psychology, Theses -- Psychology
Citation