Kompleksiteit en begronding in die werk van Hannah Arendt en Jaques Derrida

Eloff, Philip Rene (2011-03)

Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2011.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: In this mini-thesis I explore Hannah Arendt’s engagement with the problem of foundation in relation to the work of Derrida and complexity theory. In Arendt the problem of foundation takes shape as the attempt to develop a thinking of foundation that does not repress political freedom. The American Revolution is an important point of reference in Arendt’s attempt to develop such a notion of authority. According to Arendt the American republic could, however, not entirely succeed in realizing this conception of authority. I draw on Derrida and complexity theory in order to show that the shortcomings Arendt points to are structural to institutions as such. Following Derrida and complexity theory, I further that the recognition of this structural limitation is an indispensable step in the attempt to think political authority as something stable, but which nevertheless keeps open the possibility of political change.

AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie skripsie ondersoek ek Hannah Arendt se ommegang met die probleem van begronding deur dit in verband te bring met die werk van Jacques Derrida en kompleksiteitsteorie. Die probleem van begronding neem vir Arendt vorm aan in die poging om politieke gesag op so wyse te bedink dat dit nie politieke vryheid onderdruk nie. Die Amerikaanse rewolusie vorm ’n sentrale verwysingspunt in Arendt so poging om gesag op hierdie manier te bedink. Dit slaag volgens haar egter nie heeltemal daarin om hierdie alternatiewe vorm van gesag te verwesenlik nie. Ek steun op Derrida en kompleksiteitsteorie om te wys dat die tekortkominge waarop Arendt wys in ’n sekere sin struktureel is tot enige instelling. Ek argumenteer voorts in navolging van Derrida en kompleksiteitsteorie dat ’n erkenning van hierdie strukturele beperking ’n belangrike moment is in die poging om politieke gesag te bedink as iets wat stabiel kan wees, maar terselftertyd ruimte laat vir politieke verandering.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/6541
This item appears in the following collections: