Die musieklewe van Stellenbosch 1679 tot 1950

Date
1986
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die motivering vir die ondersoek na die musiekaktiwiteite op Stellenbosch vanaf die stigting van die dorp in 1679 tot die eerste helfte van die twintigste eeu was hoofsaaklik geleë in n persoonlike belangstelling in die ontwikkelingsgeskiedenis van musiek in Suid-Afrika in die algemeen en in dié van Stellenbosch in die besonder. Die term musiekgeskiedenis impliseer in die verband nie slegs gebeure wat in die verre verlede plaasgevind het en finaal afgehandel is nie, maar eerder 'n lang ontwikkelingsproses waarvan die hede uiteindelik as die produk gesien moet word. 'n Verdere belangrike oorweging was die noodsaaklikheid van 'n histories-wetenskaplike ondersoek na musiekaktiwiteite op Stellenbosch wat uiteindelik 'n volledige beeld van sodanige aktiwiteite sou gee. Alhoewel daar oor Stellenbosch in algemene verband seker meer geskryf is as oor enige ander dorp in Suid-Afrika, is daar tot nog toe slegs oor drie musiekpersoonlikhede van Stellenbosch navorsing gedoen wat sy neerslag gevind het in magister- en doktorale verhandelinge, t.w. oor F.W. Jannasch, Hans Endler en Maria Fismer. Daar is dus oor aspekte van die Stellenbosse musieklewe geskryf, maar die volle omvang daarvan is nog nie ten volle ontgin nie.
Description
Proefskrif (D. Phil.) -- Universiteit van Stellenbosch,1986.
Keywords
Church music -- South Africa -- Stellenbosch, Music -- South Africa -- Stellenbosch, Stellenbosch (South Africa) -- History, Dissertations -- Music, UCTD
Citation