The education management information system of the Free State Department of Education : a systems analysis

Gxwati, Ntombizandile Irene (Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2011-03)

Thesis (MPhil (Information Science))--University of Stellenbosch, 2011.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Organizations depend on the availability of reliable and credible information to make informed decisions and to plan effectively. The Education Management Information System (EMIS) is used by all provincial education departments including the Free State Department of Education for collecting, verifying, analysing, storing and disseminating reliable and credible data for decision making and planning purposes. Through its efforts to improve information management, the Department of Basic Education introduced the South African School Administration Management System (SA-SAMS) to improve the management of data at school level and allow for the uploading of this data onto provincial databases. This study focuses on an analysis of the Education Management Information System to determine whether this information system, utilised by the Free State Department of Education, is reliable and credible or not. In order to answer the research question under study, the dimensions/constructs of information systems success, such as information quality, system quality, individual and organizational impacts have been used to evaluate the information systems under investigation. Chapter 1 introduces the topic and outlines the background and the accountability chain of the Free State Department of Education. Chapter 2 deals with the theoretical grounding. It discusses the topic of Information Systems, in particular what the criteria used to determine the efficiency and reliability of an education management system in the Free State Province are. Chapter 3 draws on the theoretical base outlined in Chapter 2, focussing on the Free State Province to model the EMIS system and identifying the crucial elements where empirical observations are necessary. In Chapter 3 the focus is on the empirical data collection based on the model as set out in Chapter 4. In this chapter the methodological concerns in respect of the collection of data are dealt with in detail, and the findings are reported. In Chapter 4 the implications of the findings are weighed up against the criteria as identified in Chapter 2 and conclusions are drawn on that basis. Lastly Chapter 5, which draws on earlier findings, presents the lessons learnt in doing this research, conclusions drawn therefrom, as well as the recommendations presented as a way forward to improve the gaps identified in Free State EMIS. The researcher’s informed conclusion is that EMIS, through the use of SA-SAMS, has improved the capturing of data at school level and that this has contributed to an improvement in the quality of data contained in the provincial database.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Organisasies is afhanklik van die beskikbaarheid van betroubare en geloofwaardige inligting ten einde ingeligte besluite te neem en effektief te beplan. Die Onderwysbestuursinligtingstelsel (EMIS) word deur al die provinsiale onderwysdepartemente gebruik, insluitend die Vrystaatse Onderwysdepartement, vir die versameling, verifiëring, analise, berging en disseminasie van betroubare en geloofwaardige data vir die doeleindes van besluitneming en beplanning. Deur sy pogings om inligtingbestuur te verbeter, het die Departement van Basiese Onderwys die Suid-Afrikaanse Skoolbestuurstelsel (SA-SAMS) ingestel om die bestuur van data op skoolvlak te verbeter en om voorsiening te maak vir die oordrag van hierdie data na provinsiale databasisse. Hierdie studie fokus op ‘n analise van die Onderwysbestuursinligtingstelsel om vas te stel of hierdie stelsel, wat deur die Vrystaatse Onderwysdepartement gebruik word, betroubaar en geloofwaardig is, al dan nie. Ten einde die navorsingsvraag van hierdie studie te beantwoord, is die dimensies/konstrukte van die sukses van inligtingstelsels, soos inligtingskwaliteit, stelselkwaliteit, individuele en organisatoriese impak, gebruik om die betrokke inligtingstelsels te evalueer. Hoofstuk 1 lei die onderwerp in en verstrek die agtergrond en aanspreeklikheidsketting van die Vrystaatse Onderwysdepartement. Hoofstuk 2 behandel die teoretiese begronding. Die onderwerp Inligtingstelsels word bespreek, veral die kriteria wat gebruik word om die doeltreffendheid en betroubaarheid van ‘n onderwysbestuurstelsel in die Vrystaatse Provinsie te bepaal. Met die teoretiese basis wat in Hoofstuk 2 uiteengesit is as vertrekpunt, fokus Hoofstuk 3 op die Vrystaatse Provinsie om die EMIS te modelleer en om die deurslaggewende elemente waar empiriese waarnemings nodig is, te identifiseer. In Hoofstuk 3 is die fokus op die versameling van empiriese data, gebaseer op die model wat in Hoofstuk 4 beskryf word. In hierdie hoofstuk word die metodologiese vraagstukke met betrekking tot die versameling van data in besonderhede behandel, en die bevindings word aangebied. In Hoofstuk 4 word die implikasies van die bevindings gestel teenoor die kriteria wat in Hoofstuk 2 geïdentifiseer is, en gevolgtrekkings word gemaak. Laastens word in Hoofstuk 5, gebaseer op vroeëre bevindings, die lesse wat uit hierdie navorsing geleer is, aangebied, gevolgtrekkings word gemaak, en aanbevelings word voorgehou as die pad vorentoe om leemtes wat in die Vrystaatse EMIS geïdentifiseer is, te verbeter. Dit is die navorser se ingeligte gevolgtrekking dat EMIS, deur die gebruik van SASAMS, die vaslegging van data op skoolvlak verbeter het, en dat dit bygedra het tot ’n verbetering van die kwaliteit van data in die provinsiale databasis.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/6487
This item appears in the following collections: