Die kulturele betekenis van ds. M.L. de Villiers tydens die jare van emansipasie van die Afrikaanse volk

Date
1973
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie proefskrif is om 'n oorsig te gee van die kulturele bydrae van ds. M.L. de Villiers gedurende 'n tydperk van groot -belang vir die Afrikaner in sy opkoms en strewe tot volwassenheid. M.L. de Villiers het homself gesien as 'n ware "volkskomponis" van die Afrikaner in Suid-Afrika en dit is in hierdie hoedanigheid waarin hy sy grootste bydrae lewer. Hierdie titel wat M.L. horn aanvanklik self toegeeien het, word later egter 'n werklikheid en bewaarheid met die erkenning van sy toonsetting van Die Stem van Suid-Afrika as enigste nasionale volkslied van SuidAfrika - 'n mikpunt en doel waarna M.L. de Villiers sy hele lewe gestreef het; om die Afrikaner op te heĀ£ en om Afrikaans as taal, veral as sangtaal, te verhef bo die gebruiklike en tradisionele Engels; om iets konkreet uiteindelik vir sy volk na te laat; 'n erfenis en 'n volkslied waarop elkeen met reg op trots kan wees. In die behandeling van hierdie proefskrif word daar dus grootliks gelet en gekonsentreer op die bydrae, werksaamhede en doelstellings van M.L. de Villiers en nie soseer op 'n analitiese studie van sy werke nie.
ENGLISH ABSTRACT: No abstract available.
Description
Proefskrif (D. Phil.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1973.
Keywords
De Villiers, M. L. -- (Marthinus Lourens), -- 1885-1977, South Africa -- Civilization, Dissertations -- Music, UCTD
Citation