Research Articles (Music)

Permanent URI for this collection

Browse

Recent Submissions

Now showing 1 - 5 of 17
  • Item
    Afrikaans en Musiek. Kantaantekeninge van iemand wat aan die kant teken
    (Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2017-06) Ludemann, Winfried
    Teen die agtergrond van vrae oor die toekoms van Afrikaans stel hierdie artikel vokale musiek as 'n eie "bestaansdomein" van taal aan die orde. Die spesifiek musikale kenmerke van Afrikaans in vergelyking met ander tale word ondersoek asook die implikasies daarvan vir die komponis van Afrikaanse musiek. 'n Kritiese oorsig word verskaf oor toonsettings van Afrikaanse tekste van die afgelope eeu, veral wat kunsliedere met klavierbegeleiding en verwerkings van Psalms en Gesange betref. Die betekenis van die huidige opbloei van koormusiek in Suid-Afrika word geskets en 'n pleidooi word gelewer dat koormusiek erken word as 'n belangrike domein waarin Afrikaans as kultuurtaal bestaan. Persoonlike woord vooraf Hierdie artikel word geskryf vanuit die perspektief van 'n nie-Afrikaanssprekende buitestander wat van die kantlyn af na ontwikkelinge rondom Afrikaans kyk. As geleentheidskomponis het ek 'n aantal beskeie bydraes tot Afrikaanse koormusiek gelewer en ek het in hierdie verband baie besin oor die musikale potensiaal van die Afrikaanse taal in vergelyking met ander tale waarin ek ook gekomponeer het. Teen my aanvanklike vooroordeel in het Afrikaans my as musiektaal toenemend begin fassineer. Ek het agtergekom dat die potensiaal daarvan as taal vir koormusiek nog nie behoorlik ontdek en ontgin is nie. Dit is hoe die titel van hierdie artikel verstaan moet word.
  • Item
    Die verband tussen vroee apartheidsintellektualisering, Afrikanermusiekhistoriografie en die ontluiking van 'n apartheidsestetika in die toonkuns
    (LitNet, 2011-12) Venter, Carina
    Epistemologiese afhanklikheid van Europese verwysingspunte kenmerk dikwels analitiese modelle van Suid-Afrikaanse kunsmusiek en kunsmusiekhistoriografie. ’n Tipiese voorbeeld is die beskrywing van Stefans Grové se musikale styl aan die hand van sy artistieke aangetrokkenheid tot die werk van J.S. Bach, Olivier Messiaen en Paul Hindemith (Muller en Walton 2006:3). Hierdie soort koestering van estetiese genealogieë wat sigself aanhoudend terugverbeel na Europa, veronderstel die noodwendigheid van ’n Europese paradigma vir Suid-Afrikaanse kunsmusiek. Meer nog: die Grové-voorbeeld illustreer die voortsetting van ’n nasionale program gerig deur sekere propagandistiese idees, die soort ideologiese vertrekpunte wat Afrikaners se “eie” ryk kultuurerfenis verhef tot dié van verligte (Europese) ras in “donker Afrika”. In teenstelling met so ’n Eurosentriese (en problematiese) beskouing poog die teoretisering van Afrikanerkultuur in hierdie artikel om ’n kontekssensitiewe kultuurbegrip van Suid-Afrikaanse kunsmusiek in die 20ste eeu te formuleer. Die interpretatiewe raam wat hier geskep word, put uit ’n konstellasie verwante ideologieë wat krities gelees kan word uit kern historiografiese tekste en geselekteerde primêre dokumente in die argief van die komponis Arnold van Wyk.
  • Item
    Seks, ras en boeremusiek : agter die retoriek van gebrekkige sanglus by die 1938-Voortrekkereeufees
    (LitNet, 2014-08) Froneman, Willemien
    In 20ste-eeuse besinnings oor die “kultuuraard” van die Afrikaner word daar meermale melding gemaak van wit Afrikaners se sogenaamde gebrek aan sanglus. In 1938 – die jaar van die Voortrekkereeufees – het hierdie gesprek veral na vore gekom in klagtes oor feesgangers se onentoesiastiese deelname aan “volksang”. In hierdie artikel ondersoek ek die geldigheid en ideologiese onderbou van sulke aansprake deur te fokus op die verrassende teenwoordigheid van boeremusiek by die 1938-Eeufeesvieringe. Nóg die geskiedenisse van die fees, nóg die amptelike beriggewing in die Afrikaanse pers van die tyd erken die impak van boeremusiek by Eeufeesplegtighede. Die somtyds oneerbiedige storie van boeremusiek lees ’n mens nie in hoofartikels en voorbladstories raak nie, maar tussen die reëls en in die kantlyne van Afrikaanse tydskrifte en koerante. Dit is veral uit die kleinadvertensies en briewekolomme van publikasies soos Die Transvaler, Die Burger en Die Brandwag dat wit Afrikaanssprekendes se populêre musiekbelewing in 1938 gerekonstrueer kan word. Die teenwoordigheid van boeremusiek weerlê die indruk wat deurgaans deur kultuurleiers geskep is oor wit Afrikaners se sogenaamde inherente onmusikaliteit. En meer: die debatte oor boeremusiek in 1938 wys op andersyds versluierde maniere na die rassevrese wat bewerings oor die Afrikaner se gebrek aan sanglus onderlê het. Hierdie aansprake moet verstaan word binne die konteks van oorgelewerde seksueel-musikale rassestereotipes van die koloniale wêreld en 20ste-eeuse uitbreidings op die debat rondom musiek, dans en seks. Die gewildheid van boeremusiek by feesgangers het teen Afrikanerleiers se ideale rondom rassesuiwerheid en morele agteruitgang ingedruis. Aansprake oor die “volk” se “gebrek aan sanglus” het dus nie daarop gedui dat Afrikaners van die tyd nie kon of wou sing nie. Dit was eerder ’n meganisme waardeur die grense tussen wit en niewit bevestig kon word.
  • Item
    Performing the aporias of the archive : towards a future for South African music archives
    (Historical Association of South Africa, 2016) Lambrechts, Lizabe
    National memory is continuously contested in South Africa and archives and museums are often called upon to store objects or material remnants of similarly contested pasts or histories. In addition, these institutions may already have collections that could be seen as contentious. If we consider these institutions as places where history is produced, what should be done with these objects and collections in a democratic country? This article provides a critical enquiry into the systems through which these objects are produced/recorded, appraised, catalogued and preserved as one methodology through which we can engage more fully with how these resources can be mobilised in the present. As a case study, the article will look at the International Library of African Music (ILAM), arguably one of the most important music archives in South Africa. The largest portion of ILAM's holdings comprises field recordings collected by Hugh Tracey, a scholar who is both celebrated and contested. This paper proposes that through engaging with the processes and ambivalence inherent in Hugh Tracey's recording and classification methods, ILAM has the capacity to provide critical and nuanced insight into one of the most important collections of music in southern-Africa.
  • Item
    Making the Dutchman proud of his language... : ’n honderd jaar van die Afrikaanse kunslied
    (Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2011-12) Grove, Izak
    Die ontwikkeling van die Afrikaanse kunslied kan herlei word na die eerste voorbeeld daarvan, ’n toonsetting deur Jan Gysbert Bosman (ook bekend as Bosman di Ravelli) in 1908 van wat beskou word as die eerste volwasse gedig in dié jong taal, d.w.s. Eugène Marais se ikoniese teks, Winternag. In ’n breër perspektief begin die geskiedenis van die Afrikaanse lied met volksmusiekagtige pogings voor die eeuwending, deur die patriotiese lied in die jare onmiddellik na die Anglo-Boereoorlog (soos dié van Stephen Eyssen), tot by populêre liedere gedurende die twintigerjare, op die patroon van die Engelse “drawingroom” ballades, deur Stephen le Roux Marais. Die koms van die digkuns van die dertigerjare het ook die verskyning van die Afrikaanse kunslied, op die patroon van Europese modelle, ingelui. Hierdie era het gekulmineer in Arnold van Wyk se siklus Van Liefde en Verlatenheid (1953). Dit is interessant dat die begin van die Afrikaanse kunslied saamval met die afname van die Europese kunslied-tradisie, wat egter steeds in stand gehou word deur ’n groep plaaslike liedkomponiste en -bewonderaars.