Sir Thomas Muir en die onderwys in Kaapland tydens sy bestuur as superintendent-generaal van onderwys, 1892-1915

Date
1942
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die studie wat hier volg, het as onderwerp die lewe en werk van 'n merkwaardige man. As daar ooit 'n persoon gewees het wat horn hart en siel beywer het vir die verspreiding van onderwys in Suid-Afrika, dan was dit sir Thomas Muir. Hy het groot dienste aan die onderwys m Suid-Afrika bewys en heelwat van blywende aard tot stand gebring. Treffend is die heldere insig wat sir Thomas Muir onmiddellik na sy aankoms in die land in die toestand van onderwyssake gekry het en die deeglikheid en deursettingsvermoe wat hy aan die dag gele het om die onderwys op gesonde voet te bring. Sy uitstaande <liens aan die onderwys in Kaapland was die skepping van die masjinerie wat die latere uitbreiding onder sy bekwame bestuur moontlik gemaak het. Ook h~t hy groat bydraes tot alle vertakkings van die onderwysstelsel gemaak : die leerplan van die primere skool het hy hersien en verryk met die voorheen verwaarloosde vakke soos sang, teken, naaldwerk, houtwerk en huishoudkunde; sekondere onderwys het hy van voor-af georganiseer en doeltreffende hoerskole in die !ewe geroep; die opleiding en status van onderwysers bet hy verbeter en verhoog; deur sy toedoen het die skoolraadstelsel ontstaan; en die nasionalisasie van skoolgeboue bet by teweeggebring. Nadruk moet veral gele word op sir Thomas se aandeel in die totstandkoming van die ,, Armskole " waardeur die minderbevoorregtes ook in staat gestel is om onderwys te kan geniet. Onder die suiwer vrywillige onderwysstelsel van destyds was <lit uiters moeilik vir die armes om sonder hulp 'n skoolopvoeding te bekom. Sy optrede in verband hiermee verdien alle !of en waardering. Hierdie studie gaan uit van die standpunt om 'n billike en regverdige oorsig van sir Thomas Muir en sy werk te gee. Daar word dus gewys op die dinge deur horn verrig waarvoor ons dankbaar moet wees en waarvoor hy in die verlede miskien nie genoeg erkenning ontvang het me. Aan die ander kant moet daarop gewys word dat sir Thomas Muir gedurende sy loopbaan dikwels in ernstige botsing gekom het met sekere dele van die bevolking en die skrywer vertrou dat dit horn nie ten kwade sal gedui word nie ingeval hy horn onomwonde uitspreek oor die geskilspunte. Aangesien behandeling van ons onderwerp tematies en nie kronologies geskied nie, verskyn daar reeds vroeg kritiek op Muir se beleid en optrede. Die kritiek het veral betrekking op sy enigsins outokratiese optrede in soveel sake en ook op sy houding teenoor die taalvraagstuk. Hoe ons ook van sir Thomas Muir en sy optrede verskil, bly die een onweerlegbare feit, deur enigeen met 'n heldere en onpartydige oordeel erken, dat hy voortreflike deugde besit het wat hy in die lig van sy eie oortuiging heelhartig in <liens van sy aangenome vaderland gestel het.
Description
Proefskrif (D. Ed.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1942.
Keywords
Muir, Education -- South Africa -- Cape of Good Hope, Dissertations -- Education, UCTD
Citation