'n Studie van dorperskaapboerdery in die dorperlandgebied

Date
1993-12
Authors
Ackermann, Jacobus Johannes
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: A model of interdependents that makes provision for the particular needs of dorper sheep farming and is based on the relationship between the main groups of behaviour determined variables, was constructed. This model served as a basis for an interview schedule whereby personal interviews were held with 130 randomly drawn dorper farmers in the summer rainfall area of the Dorperland. Various independent and mediatory variables were examined and in certain cases it was quantified. Thus certain relationships between the needs, aspirations and endeavours of the respondents and their particular personal and environmental factors were determined. The determination of the independent and mediatory variables provide the extension officer with important background information whereby the application/non-application of certain practices as well as the efficiency of practice application are put into perspective. In this respect the findings of this survey serve as an important reference point by which specified extension actions could be evaluated in the future. The effectiveness of practice application is determined on the basis of 5- and 10-point scales as well as a description of what is actually done. In doing this the existence of certain definite differences between the perceptions of the respondent~ concerning the efficiency of praxis application and the assessment of the interviewers, baled on • description of what is actually done, was found. Practice accepta1Ce, • manifested in efficiency is measured on the basis of particular effectivity stMcWds. Thus relationships between the efficiency standards and certain personal, socioeconomical, socia-psychological and biological-technical variables wet"d determined.
AFRIKAANSE OPSOMMING: 'n Model van interafhanklikes wat voorsiening maak vir die eiesoortige behoeftes van dorperskaapboerdery en gebaseer is op die verwantskap tussen die hoofgroepe van gedragsbepalende veranderlikes, is gekonstrueer. Hierdie model het as basis gedien vir 'n onderhoudskedule aan die hand waarvan persoonlike onderhoude met 130 ewekansig gelote dorperboere in die somerreenvalgebied van Dorperland gevoer is. Verskeie onafhanklike en bemiddelende veranderlikes is ondersoek en in sekere gevalle is dit gekwantifiseer. Sodoende is verwantskappe tussen die behoeftes, aspirasies en strewes van die respondente en bepaaIde persoonlike- en omgewingsfaktore van sodanige respondente bepaal. Die bepaling van die onafhanklike- en bemiddelende veranderlikes bied die voorligter belangrike agtergrondinligting op grond waarvan die toepassing/nie-toepassing van bepaalde praktyke asook die doeltreffendheid van praktyktoepassing in perspektief geplaas word. Die mate waartoe sekere praktyke wat met dorperskaapboerdery verband hou toegepas word. is ook bepaal. In hierdie verband dien die bevindinge van hierdie ondersoek as belangrike verwysingspunte aan die hand waarvan bepaalde voorIigtingsaksies in die toekoms geevalueer kan word. Die doeltreffendheid van praktyktoepassing is aan die hand van 5- en 10puntskale. asook 'n omskrywing van wat werklik gedoen word, bepaaI. Sodoende is die bestaan van sekere duidelike verskille tussen die persepsies van die respondente wat betref die doeltreffendheid van praktyktoepassing en die aansIag van opnemers, gebaseer op 'n beskrywing van wat werklik gedoen word, bevind. Praktykaanvaarding, saos dit manifesteer in doeltreffendheid. is aan die hand van bepaalde doeltreffendheidsmaatstawwe gemeet. Sodoende is verwantskappe tussen die doeltreffendheidsmaatstawwe en sekere persoonlike, sosio-ekonomiese, sosio-psigologiese en biologies-tegniese bepaal.
Description
Thesis (MScAgric) -- Stellenbosch University, 1993.
Keywords
Dorper sheep, Dorper sheep -- South Africa, Sheep -- South Africa, Sheep industry -- South Africa, Dissertations -- Agriculture, Theses -- Agriculture
Citation