Groepwerk binne die gevangenis met oortreders van vader-dogter bloedskande

Date
1993
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Oortreders van vader-dogter bloedskande is 'n vinnig groeiende deel van die gevangenisbevolking. Maatskaplike werkers in die gevangenisopset is reeds vir 'n geruime tyd bewus van leemtes wat bestaan ten hulpverlening aan hierdie oortreders. In hierdie ondersoek is gefokus op die kennis, houding en vaardighede waaroor die maatskaplike werkers moet beskik wat groepwerk, die aangewese metodie, met hierdie oortreders wil doen nie slegs is die kennis, vaardighede en houding wat noodsaaklik is teoreties bepaal nie, maar die navorser het ook die kennis, vaardighede en houding van maatskaplike werkers werksaam in die gevangenisopset empiries ondersoek met behulp van vraelyste wat hulle voltooi het. Gebrekkige vaardighede rakende groepwerk met hierdie oortreders, en ook gebrekkige kennis van die kenmerke van die oortreders was deel van die aansienlike aantal leerbehoeftes wat deur die respondente uitgewys is. Gevolgtrekkings is gemaak en aanbevelings is gedoen rakende groepwerk - volgens kognitiewe herstrukturering en gedragsmodifikasie - met die oortreders van vader-dogter bloedskande in die gevangenisopset. Klem is geplaas op die stel van riglyne rakende die kenmerke van die oortreders, oorsaaklike faktore en groepswerk met hierdie oortreders, wat die maatskaplike werkers van hulp kan wees met hulpverlening aan insestuese oortreders in die gevangenisopset.
ENGLISH ABSTRACT: Offenders of father-daughter incest is a rapidly growing part of the prison population. Social workers in the prison set-up are already aware of loopholes which exist with regard to the guidance of these offenders. In this investigation, focus was placed on the knowledge, attitude and skills of which the social workers must dispose to do group work, which is the appropriate method for these offenders. Not only was the knowledge, attitude and skills which is necessary theoretically determined, but the researcher also empirically investigated the knowledge, skills and attitude of social workers working in the prison set-up with the aid of questionnaires which they completed. Insufficient skills regarding group work with these offenders and also insufficient knowledge of the characteristic of these offenders were part of the substantial amount of learning requirements which were exposed by the respondents. Conclusions and recommendations were made regarding group work according to cognitive restructuring and behaviour modification with the offenders of father-daughter incest in the prison set-up. Emphasis is placed on the setting of guidelines regarding the characteristic of these offenders, factors causing these offenses, and group work with these offenders, which would help the social workers with assistance to these offenders in the prison set-up.
Description
Tesis (M.A.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1993.
Keywords
Incest -- South Africa, Social work with criminals -- South Africa, Social group work -- South Africa, Fathers and daughters, Dissertations -- Social work
Citation